Voetganger sterf toe wiel hom tref

(Argieffoto: ER24)

ʼn 41-jarige man is Woensdagmiddag dood tydens ʼn fratsongeluk op die R21 naby die Atlas-pad-afdraai in Kemptonpark.

“Paramedici het teen 13:44 op die toneel aangekom en die liggaam van ʼn man langs die pad aangetref. ʼn Ligte motorvoertuig met ʼn sleepwa het ʼn entjie weg geparkeer gestaan,” sê Russel Meiring, woordvoerder van ER24 se nooddienste.

“Soos ons verstaan het ʼn wiel van die sleepwa losgekom, ʼn ent gerol en die man getref waar hy langs die pad geloop het,” sê Meiring.

Volgens Meiring het paramedici die man ondersoek en is hy op die toneel dood verklaar.

Plaaslike owerhede was op die toneel om die saak verder te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Snowball ·

Die R21 het gedurig voetgangers. EMP ry verby hulle en doen niks nie. Snelweë is nie gemaak vir voetgangers nie. Jammer die persoon is dood. Kon vermy gewees het, as wet en orde gehandhaaf word en EMP nie net rondhang nie.

Cindy ·

Stem saam. Nie net gevaarlik vir die voetgangers nie, maar ook vir die motoriste wat op120kph moet rondkyk vir voetgangers wat oor snelweg hardloop of/en taxi’s wat stop net waar hulle wil.

Stofdonkie ·

Die EMP is op die stadium te besig om sigarette se verkoop te probeer keer. Mens moet net besef watse misdrywe belangrik is.

Renier ·

EMP gee nie om nie want voetgangers koop nie vir hullekoeldrank nie.

Scalla ·

Verkeerde tyd, verkeerde plek, frats gewees, tragies, die owerhede behoort nie eers verder te ondersoek nie.

Gawie ·

Dis jammer iemand is dood, maar dis teen die wet om op ‘n snelweg te loop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.