
Twee voertuie het die voetganger kort na mekaar getref. (Foto: Netcare 911)
ʼn Voetganger in die noorde van Pretoria is twee keer op dieselfde plek deur verskillende voertuie raakgery.
Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is Sondagmiddag ontbied na die toneel in Derdepoort, Pretoria, nadat ʼn voetganger op die R573 raakgery is.
“Volgens inligting het ʼn ligte motorvoertuig die man, in sy dertigs, raakgery. Lede van die publiek het gesê die voertuig het nie stilgehou nie.”
Nadat die voetganger opgestaan het, het ʼn tweede voertuig hom getref, het Herbst gesê.
Die man is lig beseer.
Hy is op die toneel behandel en na ʼn hospitaal vir verdere sorg geneem.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
13 Kommentare
Miskien moet die man van die paaie wegbly…..
Miskien is dit by ‘n voetoorgang gewees wat hulle nie in die berig genoem het nie?
Jammer vir die mens wat omgery is. Maar voetgangers is ook nie altyd paraat genoeg nie.
Hierdie pad is seker nie ‘n snelweg nie, maar dit gaan mens se verstand te bowe dat mense snelweë probeer oorsteek waar voertuie teen 120km/u ry. Dit terwyl Metro polisie toekyk en bloot niks doen nie. Voetgangers behoort padveiligheid te leer, want party mense loop net en verwag voertuie gaan betyds stop. Afstandskatting is ook nie almal beskore nie…
Derde keer dalk nie so gelukkig nie.
Proffessor aan student “Wat sal jy doen as jy jou been op twee plekke breek”
Student “Ek sal nie weer na die twee plekke toe gaan nie”