Vol hospitale oor Kersfees gee KZN hoofpyn

(Argieffoto: Unsplash)

Die KwaZulu-Natalse departement van gesondheid sê ʼn dramatiese toename in Covid-19 gevalle én traumatiese voorvalle soos motorongelukke in dié provinsie kan moontlik vanjaar erge druk op hospitale oor die feesseisoen veroorsaak.

“Daar is tans ongeveer 22 000 aktiewe Covid-19-gevalle in KwaZulu-Natal, waarvan 5% (1 500) in die hospitaal opgeneem is,” het dr. Sandile Tshabalala, hoof van gesondheid in KwaZulu-Natal Vrydag tydens ʼn mediakonferensie gesê.

Terwyl dit lyk of Covid-19-gevalle in Gauteng begin afneem, het die getal nuwe gevalle in KwaZulu-Natal die afgelope weke skerp toegeneem en tans word meer as 2 000 nuwe gevalle daagliks hier aangemeld. “Daar was die afgelope week ʼn noemenswaardige toename in die aantal hospitaalopnames weens Covid-19 in KwaZulu-Natal, van 320 op 7 Desember tot meer as 900 op 15 Desember,” het Tshabalala gesê.

Tans is 29% van Covid-19 beddens in algemene sale en 16% van Covid-19 beddens in hoësorgeenhede beset.

Tshabalala sê hoewel hospitale nog voldoende kapasiteit het, sy departement die situasie fyn dophou, aangesien die getal traumatiese voorvalle óók die afgelope weke skerp toegeneem het.

“Die provinsie het ʼn aansienlike styging in die getal opnames weens ongelukke, geweld en trauma gesien. Tussen 22 November en 12 Desember is ʼn totaal van 9 240 trauma-gevalle, 5 269 voorvalle van geweld en 3 032 ongelukke aangemeld.” Hy sê meeste van dié gevalle is by die Mshiyeni Memorial-hospitaal in die Umlazi-nedersetting in Ethekwini aangemeld.

Dr. Joe Phaahla, minister van gesondheid, het ook Vrydag by Suid-Afrikaners gepleit om nie dié Kersseisoen te drink en te bestuur nie en die Covid-19-maatreëls te gehoorsaam, ten einde nie onnodige druk op hospitale te plaas nie.

Hy sal weer volgende week met die nasionale koronavirusbevelsraad vergader ten einde die situasie te hersien en te besluit of strenger afsonderingsregulasies nodig is om Suid-Afrika deur die Kersseisoen te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Perdeby ·

Ek se ook so, maar dit is meer motorongelukke as Covid gevalle, hulle soek net ‘n rede dat die mense kerstyd en nuwe jaar by die huis moet bly. Sluit maar die KZN grense.

KB ·

Genade, hou op kla. Die publiek het genoeg van swak diens, onwilligheid, stakings en onderpresterende hospitaalpersoneel gehad.

Jeepie ·

Nee nee. Dalk in party staats instellings. Ek dink dit is nie ‘geregverdig om so stelling te maak oor al die hard werkende mediese personeel in Staats hospitale nie. Dalk moet jy ‘n draai gaan maak by ongevalle oor die tyd van die jaar. Nee man.

Perdeby ·

Nou wie kla nou oor swak diens en stakende personeel hier?? Lees die berig en lewer daarvolgens kommentaar.

Anel ·

Soos ek al gesê het, die hospitaalopnames vir die virus is by verre minder as die ongelukke, aanrandings esm. Motorongelukke agv onverdraagsaamheid, nie pad reëls nakom nie en spoed. Alkohol is ‘n baie klein persentasie verantwoordelik. Die laaste tyd as mens lees van ongelukke is daar altyd ‘n trok betrokke of ‘n bus. En dan is daar nie net een sterfte nie. Party dae oorskry hierdie sterftes die virus steftes maar nogsteeds kty die virus die skuld. Alles redes om ons weer te beperk. Dit het sy eie nadele want mense raak al meer gefrustreerd en haal die op die naaste aan hulle uit. So, hef die inperkings en alles wat daarmee saamgaan, maskerdraery op, laat die mense weer menswasrdig kan voel en aangaan met hul lewens. Hou julle liegstories, propaganda en histerie vir julle self.

Jeepie ·

Dit is maar die impak wat Covid het op ons gesondheids stelsel. Nie asof dit werk in die staats instellings nie, maar die tyd van die jaar is dit altyd besig. Nou sit ons Covid by en alles is onder druk. En ja, mense gaan nog steeds hospitaal toe vir Covid. Dit is nie ‘n rumour nie.

Jeepie ·

Ja Standloper. Dalk. Ek wonder ook maar oor die goed. Dalk kry jy nog die virus, maar bly uit die hospitaal. Weet nie. Hoor maar die stories.

Jeepie ·

Dankie tannie. Nou se gou vir die kind wat is die regte getalle.

Zombie ·

Ek dink daai tannie krap nou haar kop dat die gryshare waai. En ek wonder waar gaan sy haar “regte” getalle kry.
(@Jeepie, jy het seker al agtergekom hoe meer logies die kommentaar is, hoe meer is daar hartseergesiggies en negatiewe kommentaar. Logika, lyk dit my, tel nie baie nie. )

Corne123 ·

Ag tog hou net op lieg. Se sit reguit te sleg om te werk bring terug level 4 dit wat hulle wil he. Hiedie gekookte syfers esv moet nou end kry regtig dink hulle ons so simpel. Hoekom het die presedent covid? het hy nie jab gekry nie volg hy nie die reels nie?

Jeepie ·

Ok. Gekook. Nou seblief tog. Lig ons in oor die regte syfers en jou bron. Dankie.

Zombie ·

Wie het waar gesê dat mens nie Covid kan opdoen, nadat die inenting ontvang is? Die onkunde is vreesaanjaend.

Papsak ·

Hulle lieg vir ons om tese die hospitaal beddens is vol van covid maar eindlik vol van pad ongelukke en ander siektes en voorvalle so ek stem hou op lieg

Jeepie ·

Daar is reeds druk op hospitale die tyd van die jaar. Die probleem is dat die Covid gevalle ook druk plaas op die hospitale. En dan word van die mediese personeel ook nog siek. So waaroor lieg hulle? En wie is die HULLE wat so die hele tyd lieg en hoekom lieg hulle? Verduidelik vir seblief tog dat ek kan verstaan.

DJ ·

Mediese personeel het verander in ‘n klomp klaers. Hulle moet bly wees hulle het ‘n werk in land waar werksgeleenthede al skaarser word.

Jeepie ·

Ai. Daai is ‘n baie jammerte gewees om daai boodskap van DJ te lees. Alle sterkte as jy dalk ooit in jou lewe enige mediese sorg nodig het. Dan se jy dit vir wie jou moet behandel.

Esme ·

Wonder of mediese personeel nie net weggestap het omdat gedwonge vaksinasie nou in ons kele afgedruk word nie. Ek het vroeer ‘n artikel gelees waar Italie nou hulle ongevaksineerde dokters weer aangestel het. Wonder of hierdie artikel feitelik korrek is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.