Voorgestelde resolusies vir eiendomsagente ‘blatante rassisme’

huis eiendom

Argieffoto.

AfriForum het vandag ’n skrywe aan Lindiwe Sisulu, die minister van menslike nedersettings, en die Raad vir Eiendomsagentskappe gerig wat aandring dat dié raad se voorgestelde resolusie om “voorheen benadeelde individue” onregverdig te bevoordeel, geskrap word. Die burgerregteorganisasie is ook besig om regsadvies in te win, sou die resolusie in werking gestel word.

Tydens ’n voorlegging oor die nakoming van eiendomswetgewing het die raad die inwerkingstelling van ’n resolusie voorgestel om sy “mandaat van die minister van menslike nedersettings te vervul om die eiendomsbedryf te transformeer”. Hierdie resolusie behels dat “voorheen benadeelde” eiendomsagente kan aansoek doen om:

  • vrystelling van betalings vir getrouheidsfondssertifikate, voortgesette professionele ontwikkeling (VPO) en boetes;
  • vrystelling van voldoening aan VPO-vereistes;
  • vrystelling van voldoening aan opleidingskwalifikasies; en
  • vrystelling van die indiening van ouditverslae vir trustrekeninge.

Monique Taute, hoof van AfriForum se teenkorrupsie-eenheid (Foto: Reint Dykema, AfriForum)

“Volgens hierdie voorgestelde resolusie geld verskillende reëls vir verskillende groepe mense, na gelang van velkleur. Dit is onaanvaarbaar dat sekere mense basies daarvan vrygestel word om verantwoordbaar te wees, terwyl ander verplig word om aan sekere standaarde te voldoen,” sê Monique Taute, hoof van AfriForum se teenkorrupsie-eenheid.

Volgens Taute sal die inwerkingstelling van hierdie resolusie ’n gevaarlike presedent skep ten opsigte van ander professionele liggame. “Kontrolemaatreëls soos dié bestaan juis om die publiek te beskerm en te keer dat hulle ingeloop word. Dit maak geensins logies sin dat sekere mense daarvan kwytgeskeld word nie. Inteendeel, dit is ’n skreiende onreg,” sluit Taute af.

Besoek www.afriforum.co.za/raad-vir-eiendomsagente-se-voorgestelde-resolusie-is-blatante-rassisme/ om AfriForum se veldtog te ondersteun.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Bert ·

Wat anders?
As die speelveld gelyk is kom hulle eenvoudig nie die mas op nie, die bewyse vir hierdie stelling lè die hele afrika rond.

Gerrit ·

Laat hulle die reëls instel. Dis mos logies dat ek net met sekere mense sake doen, waar moontlik.

John ·

Hoekom moet dokters, regsgeleerdes, argitekte, vlieèniers ens dan opleiding ontvang en registreer by rade? Waarom nog skoolgaan? Laat ons dit nou maar erken… Verkeerd regeer diè landjie. En ons president hou hom net besig met vroue-sake. Moet hom nie pla nie.
Die uiteinde gaan baie sad wees…

Andre ·

Hulle gaan hierdie bedryf ook (in die afgrond in) “transformeer” presies soos met die regstelsel.

Jax ·

Die voorheen verontregde storie is lankal iets van die verlede. Vir 25 al.
n Mens kry nie net n ding nie. Jy werk jou as af om dit te bekom. Ons is besig om n baie baie gevaarlike speletjie te speel!

Adam ·

Hierdie absurd belaglike voorstelle maak ‘n bespotting van alle beginsels wat in ag geneem behoort te word wanneer die regulering van ‘n bedryf of sektor betrokke is.

Freddie ·

Gekkesirkus. Indien ‘n persoon nie toerekensvatbaar is nie wil ek nie met die persoon besigheid doen nie. Waar so ‘n persoon aan laer standaarde voldoen is dit beter dat so ‘n persoon Monopoly huise verkoop in Wes Straat.

bokka ·

Dis belaglik. Al die bestaande vereistes is juis daar om die verbruiker te beskerm. Sal nooit slaag nie, die eerste hof sal dit uitgooi.

Jonathan ·

Ag tjom, hulle sal oor ‘n 1000 jaar nog “benadeeld” verkeer…

Tilla ·

Wie gaan met mense wil besigheid doen wat nie voldoen aan die basiese voorgeskrywe rëels om koper en verkoper te beskerm teen bedrog so “voorheen benadeel” in ‘n erge graad gaan hulle voorland bly. Kry maar liewer die opleiding ens en gaan vorentoe of bly agter.

J van Rustenburg ·

Hoe ironies dat blanke agente fooie sal moet betaal om die eiendomsraad te befonds Die funksie van die eiendomsraad is om die publiek te besekrm Nerens is daar enige aanduiding hoe die raad dit gaan doen nie

Julia ·

Dis eenvoudig: Jy VRA maar net die eiendomsagent om jou bewyse te toon van sy/haar registrasie, opleiding, betalingsbewyse en ouditverslae en as hy/sy dit nie het nie, doen jy net eenvoudig NIE besigheid met hierdie agent nie. Daar is vele met die regte bewyse wat jou sal help.

Andre ·

Wonder maar net waneer gaan die loodse wie die “elite” moet rondvlieg ook getransformeer word … nog geen geluide in daardie rigting gehoor nie

Feite ·

Die blatante, opsetlike, arrogante uitlokking van die kaders om witmense te treiter maak dat mense nie meer weet of hulle moet lag of huil nie, kom of gaan nie, bly of gly nie, maar ten minste is daar een ding wat mense wel weet en dit is om positief te wees oor die lag of huil, bly of gly en natuurlik oor afriforum se gedwonge onophoudelike geskrywery (geklaery)! Die kaders lag lekker in hulle mou vir ons, maar soos wat die onheil van die kaders se dade hulle ook maar gaan begin inhaal, so sal ons nageslagte hopelik laaste lag! Veral diegene wie gly, hulle gaan beslis laaste lag!

Pieter ·

Al wat afriforum doen is om hof toe te hardloop ons blankes moet nou standpunt in neem en hulle boikot net waar ons kan dit is van al die praat dat ons sit waar ons sit

Vaalseun ·

Hierdie sg. “transformasie” maak die deur oop vir grootskaalse misleiding, vervalsing en uitbuiting van gewone mense in eiendomstransaksies.
As banke, prokureurs en sakemanne in gesofistikeerde en gereguleerde eiendomsmarkte soos Amerika en Europa kon wegkom en val vir die sub-prima eiendomskandaal (waarna selfs ‘n biljoenêr selfmoord gepleeg het), wag hier ‘n nog groter tragedie. Noem dit maar solank eiendoms-piramide skemas en eiendoms-kaping deur sindikate.
Selfs ons eie gereguleerde eiendomsmark lewer gereeld sy kwota eiendomskandale op, soos byv. Sharemax, Delft, Mondorp, ens.
Enige verswakking van eiendoms transaksie regulering deur die huidige regering kan slegs tot nadeel van die publiek wees.
Met voldoende navorsing, opleiding, wetgewing en wetstoepassing het die ou Nasionale regering van Suid-Afrika ‘n vooruitstrewende land gemaak. Voldoende beskerming van besitsreg van alle bates, maar veral eiendomsreg van vaste bates, is ‘n voorvereiste vir groei en ekonomiese voorspoed.

Grassie ·

Hulle kan doen wat hulle wil, my geld my keuse wie ek ondersteun!! Ek maak ‘n punt daarvan om uit te vind wie besit wat en waar ek al my besigheid doen!

Willem Grobler ·

“Vrystelling van die indien van ouditverslae vir trustrekeninge”??? Kan dit meer blatant raak as dit!? ‘n Trustrekening is nou die een vereiste wat ‘n eiendomsagent móét hê, ordentlik bestuur en laat oudit – behalwe as jy nie-blank is!? Dit raak nou belaglik.

Anton ·

In die meeste instansies is standaarde verlaag om die voorheen benadeeldes te akkommodeer. Dis hoekom ons ekonomie is waar dit is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.