Voormalige bedryfshoof dagvaar SAUK vir miljoene

Chris Maroleng. Foto: ANA.

Die voormalige bedryfshoof van die SAUK dagvaar dié instelling vir miljoene rande weens wat hy beskou as sy onregmatige afdanking. Hy wil ook hê dat die openbare uitsaaier se raad ontbind word.

Maroela Media het verlede jaar berig dat Chris Maroleng in April met onmiddellike inwerkingtreding afgedank is. Dit na afloop van die dissiplinêre proses waartydens hy op drie aanklagte, insluitend growwe nalatigheid, skuldig bevind is. Maroleng was vanaf 1 Februarie 2018 bedryfshoof van die SAUK. Hy het die omstrede Hlaudi Motsoeneng opgevolg.

Hy beweer nou in hofstukke wat by die Gautengse hooggeregshof ingedien is, sy afdanking was onregmatig. Hy voer aan dat die raadsvergadering waartydens die besluit geneem is om hom te ontslaan, onregmatig plaasgevind het en dat besluite wat hier geneem is, dus ongeldig is. Hy voer daarbenewens aan dat van die raadslede ʼn komplot teen hom gevoer het om hom te laat afdank. Hy voer ook aan dat hy nie behoorlik die geleentheid gebied is om teen sy skuldigbevinding te appelleer nie.

Daarom eis hy  R12 miljoen se skadevergoeding weens lasterlike bewerings wat oor hom gemaak is in ʼn mediaverklaring wat kort na sy afdanking deur die raad uitgereik is. Volgens Maroleng word hy verkeerdelik in dié verklaring, wat wyd in die media en op sosiale media versprei is, as oneerlik en onbetroubaar beskryf. Hy vra ook dat die hof die raadslede as misdadig verklaar en die raad ontbind.

Dit is nog nie duidelik of die SAUK dié aansoek teenstaan nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Elsa ·

Miljoen nogal as jy skuldig bevind is?

Red n nasie met so n volk

My Mening ·

Hy werk duidelik aan sy pensioen plan. Hoop regtig die korrekte prosedure was gevolg met sy afdanking sodat hy nie onregmatig vergoed kan word nie.

JohanR ·

SAUK….net nog ‘n nuttelose mors van geld! Hulle moet miskien ‘n wit man of vrou in beheer sit. Kan rerig nie maller as die sirkus nar Hlaudi Motsoeneng wees nie!

Sarel ·

Dit is wat gebeur wanneer jy mense nie vervolg en verantwoordelik hou vir hulle swak bestuur en administrasie nie. Hoe lank het dit geneem.om van sy voorganger ontslae te raak

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.