Voormalige staatsaanklaer probeer glo moor

Argieffoto (Foto: VBlock/Pixabay)

’n Voormalige staatsaanklaer van Limpopo – wat reeds teregstaan op aanklagte van korrupsie en regsverydeling – word nou ook aangekla van poging tot moord ná hy ’n sleutelgetuie in sy saak glo probeer doodmaak het.

Leonard Makhado Ratshilumela (49) moes Maandag in die hof vir sy verhoor in die korrupsiesaak verskyn, maar het nie opgedaag nie. ’n Lasbrief vir sy inhegtenisneming is uitgereik.

Volgens Mashudu Malabi-Dzhangi, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in Limpopo, is Ratshilumela en ’n medepligtige, Mbofholowo Freedom Tshikovhele (27), Dinsdag vasgetrek nadat hulle ’n sleutelgetuie in Ratshilumela se korrupsiesaak probeer doodmaak het. Hulle het na bewering die getuie se huis probeer afbrand.

“Daar word beweer dat die familielede van die getuie uit die huis gegaan het nadat hulle petrol geruik het, waarna hulle die polisie in kennis gestel het,” sê Malabi-Dzhangi.

Ratshilumela en sy makker is deur die polisie aangekeer en het Donderdag in die landdroshof in Thohoyandou verskyn op aanklagte van poging tot moord en sameswering om moord te pleeg.

Die Valke het Ratshilumela in Mei 2020 by die Thavhani-winkelsentrum in Thohoyandou in hegtenis geneem, nadat hy glo omkoopgeld geëis het om ’n saak te laat “verdwyn”. “Die beskuldigde [Ratshilumela] het na bewering R6 000 geëis van die ouer van ’n beskuldigde wat aangekla is van roekelose en nalatige bestuur.”

Die saak is tot 6 April uitgestel om ’n beskikbare staatsaanklaer van buite Thohoyandou te kry om met die saak voort te gaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Misky ·

‘n Staataanklaer met sulke erge aantygings? Word hierdie mense se agtergrond na gekyk voor hulle in sulke poste aangestel word? Ek twyfel.

piet ·

Mense kan verval in misdaad soos tyd aanloop. Ons het dit al oral op alle vlakke van die samelewing gesien. Die feit dat jy ‘n engeltjie was toe jy jare terug aangestel is, is nie ‘n aanduiding in watter duiwel jy kan verander in 10 jaar se tyd nie.

marius ·

Diegene wat die gemeenskap moet beskerm en ‘n fortuin met belasting geld verdien . Hierdie hool is verdoem !

ES ·

Staatsaanklaers verdien nie so baie geld soos wat mense dink nie…

Nie Verbaas ·

Nou ja, is dit nou die reg? Wonder mense nog steeds hoekom daar nie hoop is nie? Van die dienaars is meer korrup en gewetenloos as die misdadigers. Die gemors.

Heinrich ·

Hy het ‘n belowende politieke loopbaan wat wag in Natal sou die regsbank hom uitskop.

Swerwer ·

Dan is dit nou wesens waarop staat gemaak moet word. Wys jou maar net hoe die wiel stadig maar seker begin draai.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.