Voortrekkermonument ‘sal oorleef’

Die Voortrekkermonument in Pretoria. (Foto: Carla van der Spuy)

Die direksie van die Voortrekkermonument sê hy het die afgelope paar weke, soos alle bewarings-, toeriste- en ander instellings, bloed gesweet om te oorleef.

“Die Voortrekkermonument is ernstig gewond, maar sal oorleef – ook met die waardevolle hulp van die publiek”, het dr. Christo Pretorius, voorsitter van monument se direksie, gesê.

Hoewel die monument toenemend afhanklik is van bydraes van die publiek en mense wat as Vriende van die Monument aansluit, het die instelling intussen verskeie ander stappe gedoen om die afsonderingstydperk te oorleef.

Die monument sê ná beraadslaging met kundiges het hy besef sy bestaande sakemodel – waar toerisme een van die grootste inkomstebronne was – sal ingrypend aangepas moet word.

ʼn Komitee is reeds aangestel om met die herstruktureringsondersoek te begin terwyl korttermyn stappe gedoen word om die onmiddellike uitwerking van die afsonderingstydperk te absorbeer en reputasieskade aan dié nasionale erfenisbate te beperk.

Die direksie sê hy gaan aansoek doen om hulp van die staat, oproepe doen om skenkings, vra vir uitstel van betalings en personeel se werksure moontlik verminder.

Cecilia Kruger, besturende direkteur van die Voortrekkermonument, het gesê ʼn ondersoek na die toeganklikheid vir veral plaaslike besoekers tot die erfenisterrein is deel van die beplanning.

ʼn Verbod op internasionale reis geld steeds en selfs plaaslik word reis streng beperk. Dit plaas geweldige groot druk op die toerismebedryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Rodger17 ·

Kan n monument soveel kos om te onderhou?Ek seker maar onnosel.Ek sou gesluit het tot inperking verby is dis beslis nie iets noodsaaklik nie!

Estelle ·

Dit kos derduisende om die terrein van meer as 300 hektaar, tuine en geboue, insluitende Fort Schanskop en o.a. die Bloedrivier Erfenisterrein e.a. terreine en monumente tot in die Kaap, wat onder ons sorg is, in stand te hou. Daar is meer as 80 personeellede wat betaal moet word en ons kry geen staatsteun nie.
Ons is afhanklik van binne- en buitelandse toerisme en hou elke jaar net-net kop bo water. Sedert Februarie is alle toere, funksies en skoolbesoeke afgestel, ook ons Antiekmark en jaarlikse Militere Fees. Die Monument kry jaarliks die tweede meeste besoekers in SA, naamlik ongeveer 120,000 besoekers. Ons doen baie vir toerisme en om leerders en ander besoekers bewus te maak van die land se geskiedenis en erfenis.

Ian ·

Roggie, dink jy daar werk nie mense nie? Dis alles deel van koste.

Michael 1 ·

Ek glo n regte boer maak n plan en as hulle koppe bymekaar sit sal n oplossing gevind word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.