Vrae oor omstrede R500 miljoen-tender by Eskom bly draai

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Rodger Bosch/AFP)

Die politieke party African Security Congress (ASC) het Dinsdag ’n memorandum aan Eskom oorhandig oor die toekenning van ʼn tender van R500 miljoen aan die Fidelity Security-groep.

Die oorhandiging het by Eskom se Megawatt Park in Sandton, Johannesburg, plaasgevind.

Die ASC is ’n politieke party wat na die belange van private veiligheidswagte, veral in die openbare sektor, omsien.

In die memorandum wat Maroela Media onder oë gehad het, eis die party antwoorde oor die R500 miljoen wat glo oor drie maande bestee is aan sekuriteitsdienste van Fidelity ná ’n beweerde geslote tenderproses.

Die dienste behels die aanstelling van honderde veiligheidswagte by Eskom se kragstasies wat gedoen is ná dreigemente van sabotasie.

“Volgens gerapporteerde skattings is daar gekwoteer dat elke sekuriteitswag R150 000 vergoed word om hul pligte vir die duur van die drie maande uit te voer. Ons is seker dat werkers minder as ʼn fraksie van daardie bedrag ontvang het,” sê die party in die memorandum.

Karen Pillay, hoof van sekuriteit by Eskom (Foto: Twitter)

ASC pak die skuld hiervoor op Eskom se voormalige uitvoerende hoof, André de Ruyter, en die hoof van sekuriteit by Eskom, Karen Pillay.

Die party beskuldig De Ruyter en Pillay daarvan dat normale tenderprosesse verontagsaam is om die transaksie onder die dekmantel van noodverkryging goedgekeur te kry.

“Ná noodverkrygingsprosesse was daar geen vereiste om ʼn oop en mededingende tenderproses te hê nie. ’n Enkele maatskappy, Fidelity, is volgens berigte met die hand gekies.

“Dit kom in die lig van ʼn gebrekkige reaksie deur wetstoepassingsagentskappe en ander staatsorgane om Eskom en sy meelopers verantwoordelik te hou vir die verkwistende uitgawes van ʼn halfmiljard rand van belastingbetalers se swaarverdiende geld.”

Volgens die party is daar van “dié roekelose besluit” te wete gekom deur middel van ʼn oënskynlik onbetroubare intelligensieverslag – goedgekeur en befonds deur groot organisasies, insluitend Business Leadership South Africa, wie se uitvoerende hoof Busisiwe Mavuso destyds ’n Eskom-raadslid was.

“Verskeie organisasies het probeer om met Eskom in gesprek te tree om ʼn reaksie te kry wat ʼn miskenning van die Wet op die Bestuur van Openbare Finansies en ander regulatoriese wetgewing regverdig. Daar het egter geen bevredigende reaksie na vore gekom nie.”

In die memorandum eis die party dat –

  • die omstandighede wat tot die toekenning van die tender gelei het, onafhanklik ondersoek word;
  • wetstoepassingsagentskappe van inligting voorsien word wat kan help met strafregtelike ondersoeke;
  • Pillay hangende die ondersoek met onmiddellike inwerkingtreding geskors word vir haar beweerde betrokkenheid in die toekenning van die tender;
  • De Ruyter uit Duitsland ontbied word om verantwoording vir sy beweerde aandeel in die tenderproses te doen;
  • Jan Oberholzer, die voormalige bedryfshoof van Eskom, ook aanspreeklik gehou word vir die goedkeuring van die omstrede tender;
  • Mavuso verantwoording doen vir haar betrokkenheid by die fondsinsameling van miljoene rand vir ʼn intelligensieverslag wat later glo gebruik is om die toekenning van die reuse-tender te regverdig; en
  • die kontrak se besonderhede ten volle bekendgemaak word.

ACS het Eskom 14 dae gegee om op die memorandum te reageer.

“Indien hulle dit nie doen nie, sal nog lede van burgerlike organisasies betrek word om Eskom onregeerbaar te maak,” lui die memorandum.

Volgens Daphne Mokwena, woordvoerder van Eskom, bestudeer Eskom nog die memorandum en sal die maatskappy probeer om voor die vasgestelde tyd daarop te reageer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Kokerboom ·

Nou wat sê me Pillay? Sy is dan hoof van Sekuriteit? G’n wonder so baie diefstal by Eskom! Nou blameer hul soos gewoonlik iemand anders!!

Sandra ·

Ja, nou sa enige iets gedoen word om Andre de Ruiter in ‘n slegte lig te stel. Hoe belaglik.

JohanR ·

Doen ‘n “lifestyle audit” op Karen Pillay. Waar kry Eskom vir Karen Pillay? Is sy weer ‘n familie lid van iemand?

Marcello ·

Ek lag vir hulle, niemand weet waat Andrè is nie, en daar is nie ‘n manier dat Andrè hiervan bewus was of /betrokke was nie.

Nommer 7 ·

Wahl Bartman is die CEO van Fidelity. Miskien is hy bevriend met Andre de Ruyter.

Philip ·

Laat dit as n les dien vir diegene wat nie die ander wagtende aasvoels nie by die krip n plek wil gee nie.Hulle moet ook toegelaat word om te kan eet.

Jessey ·

Ek wens hulle wil sommer soos in die berig gese word ook die Guptas uit die UAE ontbied om antwoorde te kom gee. Sjoe die ou se ding “rules for thee but not for me”

Papsak ·

Ja ek bid saam laat die korrupsie aan die lig kom asb DE RHYTHER het waarheid gepraat eskom kan verhogings gee maar daar kan niks aan beurtkrag gedoen word nie hoe werk julle pille by ESKOM

Papsak ·

Los nou vir De Rhyther uit julle weet julle was verkeerd en hy alles oop gevlek dankie jy n yster

Casper ·

Wie het hierdie dreigement van sabotasie gemaak.Iemand in eskom sit agter die gemors en is Fedility goedgesind.

Amelia ·

En kyk wie is die wagte so baie betaal en goedere nog steeds weg gedra of weg gery waarvoor wasdaar dan “wagte” is dit net werkskepping vir sekeres

Chris ·

Ai, nou kry Andre die skuld vir als wat by EKSdom verkeerd loop of geloop het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.