Vragmotorbestuurder vas ná Van Reenenspas-botsing

(Foto: Twitter)

Die 30-jarige bestuurder van die vragmotor wat Dinsdag in die vroeë oggendure betrokke was in ʼn ongeluk met ’n bus op Van Reenenspas in KwaZulu-Natal, is in hegtenis geneem. Die ongeluk op die N3 het naby Van Reenen plaasgevind.

Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, sê ’n Greyhound-bus was met 49 passasiers na Harrismith op pad toe dit teen die sleepwa van ’n vragmotor gebots het wat vermoedelik ’n U-draai in die pad gemaak het.

Die 54-jarige bestuurder van die bus is op slag dood waarna ’n saak van strafbare manslag by die polisie aanhangig gemaak is.

Die bestuurder van die vragmotor sal na verwagting binnekort op dié aanklagte in die Harrismith-landdroshof verskyn.

Maroela Media het vroeër berig die N3 was aanvanklik ná die botsing ure lank gesluit, maar is vanoggend weer vir verkeer oopgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.