Vragmotorongeluk lei na gruvonds

Die vragmotor nadat dit by die mynput ingeploeg het. (Foto: Verskaf)

Die liggame van twee mans is Woensdag onverwags in ’n mynput vol water gevind. Dít nadat ’n vragmotor vroegoggend by die mynput ingeploeg het.

Kol. Donald Mdhluli, polisiewoordvoerder, sê die bestuurder van ’n vragmotor het omstreeks 05:00 beheer oor die vragmotor verloor en in die mynput naby Ogies beland.

“Die polisie en nooddienste is na die toneel ontbied. Terwyl die polisie nog besig was met ondersoeke en ’n paar leidrade op die toneel versamel het, het hulle die grusame ontdekking van twee liggame wat in die mynput dryf, gemaak.”

Die vragmotorbestuurder is vanoggend na ’n hospitaal geneem vir mediese behandeling terwyl polisiebeamptes die toneel begin fynkam het op soek na leidrade oor die liggame.

Die mans is nog nie geïdentifiseer nie en die oorsaak van hul dood nie bekend nie. ’n Nadoodse ondersoek sal gedoen word om meer te wete te kom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Realis Thailand ·

By Ogies is dit steenkoolmyne
Die nuwe brigade van myn ontwikkelaars,die Zama Zama, sou nie daar gewerk het nie want dit is nie lonend nie

Toe ek by JCI gewerk het was daar van die firma se steenkoolmyne daar

Realis Thailand ·

Ek het vir baie jare vir die Mynhuise Anglo en JCI gewerk en die mense sal verbaas wees hoeveel ou myngate daar is en wat alles onder in die ou myne van die vroee 1900’s ens le.

Roek ·

Nie doodwendig nie, ek is baie seker daar le baie lyke in skagte reoor die land !

Lillian ·

Baie mense wat net verdwyn in ons land ís iewers, dis net om hul te vind…

E ·

Sjoe ek wil nie eers raai hoeveel mense per dag in ons land vermoor word nie, en hoeveel verdwyn. Dit is skrikwekkend. Misdaad en wetteloosheid is buite beheer.

Danie ·

Ek wonder waar die bestuurder sy lisensie gekoop het.Die trok situasie in SA laat te veel vrae?

Aggie ·

Dis tyd dat frikkie gelas dat alle troktrywers weer getoets word onder toesig van ‘n publieke amptenaar. Ek sal my kop op ‘n blok waag dat minder as 10 % sal slaag. So ook moet alle vragmotors op steekproefbasis vir padwaardigheid getoets word. Dit sal al ‘n begin wees !

Jacques ·

Stem tot n mate saam, maar motoriste moet jaarliks getoets word weens hul morsige bestuurs styl ek sien dit daagliks oral op die land se paaie. Druk voor trokke in, hoe dink die dom goed moet n trok so vinnig stop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.