Die polisie op Postmasburg in die Noord-Kaap doen ʼn geregtelike doodsondersoek nadat ʼn 28-jarige polisiebeampte homself Saterdag in die vroeë oggendure om die lewe gebring het.
Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê die konstabel het glo ʼn woordewisseling met sy 30-jarige vriendin gehad. Sy is geskiet en na ʼn hospitaal vir behandeling geneem.
“Die polisiekonstabel het daarna die vuurwapen op homself gerig en geskiet. Hy is op die toneel dood verklaar.”
Ramatseba het gesê die motief vir die skietery is nog onduidelik en die ondersoek duur voort.
Die polisie het ook ʼn hernieude beroep op sy lede gedoen om hulp te soek indien hulle verhoudingsprobleme ondervind.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
4 Kommentare
Vroeër jare moes jy jou wapen uitteken en by die polisiestasie los tot jou volgende skof, het dit dan nou verander?
Dink nie hulle het eers meer registers wat gebruik word nie…
Ek sal dit altyd dink, die SAPD is die grootste Mafia in SA… mags behep, bo die wet, en ja doen net wat hulle wil… wil altyd almal dryg… Ou Cele Gender base violence start at home yes? Train your police man, or can’t some of them read and write? Vra ook maar net…