Vrou (53) vas ná hoëspoedjaagtog met polisie

Die Ford Ranger-bakkie waarmee die vrou gejaag het (Foto: Verskaf)

ʼn 53-jarige vrou van Port Alfred in die Oos-Kaap is in hegtenis geneem nadat sy weens spoed deur die polisie van die pad afgetrek is, weggejaag het en toe vir langer as 45 minute in ʼn hoëspoedjaagtog met die polisie betrokke was.

Brig. Morgan Govender, bevelvoerder van die Port Alfred-polisiegroepering, sê hy was glo op pad terug na Port Alfred ná ʼn bestuursvergadering in Oos-Londen toe hy ʼn vroulike bestuurder in ʼn Ford Ranger-bakkie opgemerk het wat glo roekeloos en bo die spoedbeperking gery het.

Govender het daarin geslaag om die vrou na ʼn paar minute van die pad af te laat trek, maar sy het weggejaag terwyl die polisie haar regte aan haar verduidelik het.

“Alle nooddienste aan die kus in Port Alfred is onmiddellik in kennis gestel,” sê hy. “Die polisie het haar agternagesit met flitsende blou ligte, maar alle pogings was nutteloos.”

Govender sê die polisie en die vrou was vir 45 minute in dié jaagtog betrokke voordat sy uiteindelik van die pad af moes trek nadat ʼn gemeenskapspolisiëringsforum die pad met ʼn stop-en-soek-punt versper het.

Verskeie aanklagte ingevolge die strafproseswet, waaronder roekelose en nalatige bestuur, staar die vrou in die gesig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

SjN ·

Trek haar lisensie in, sy is n gevaar op die pad en samelewing

Tia ·

Hoe bepaal hy dat iemand anders roekeloos en bo die spoed bestuur tot so ‘n mate dat sy gearresteer moet word. Het hy ‘n kamera by hom gehad? Hierdie vrou was heel waarskynlik angsbevange. Volgens haar het sy niks noemenswaardig verkeerd gedoen nie en nou word sy laatmiddag gearresteer. Sy weet dat al is sy onskuldig, sy ‘n nag in die tronk gaan deurbring. Ek het hulle al gesien as hulle van so ‘n vergadering af terugkom. Vol blou ligte, bravade en so magsdronk dat almal voor hulle moet padgee, al is hulle eintlik net op pad huistoe soos almal van ons. Ek vermoed ras het hier ‘n rol gespeel – ek hoop ek is verkeerd. Dit is egter ‘n kwade dag as mense voel dat hulle vir die polisie moet vlug. ‘n Toestand endemies van ons tyd waar ons beleef dat die polisie waaragtig nie ons vriende is nie. Ons kinders leer selfs nou op skool om nie alleen saam met ‘n polisieman te gaan nie.

Neeeee Tia ·

Kan jy nie sien as n ou roekeloos bestuur of oor die spoedgrens verby jou jaag nie? Dan moet JOU lisensie dalk ook gevat word. Enige persoon met oë kan sien as iemand roekeloos is.

Mense moet ophou verskonings uitdink vir mense wat verkeerd optree.
HOËSPOED JAAGTOG?! hallo… as jy bang is ry jy RUSTIG na veiligie plek, jy sit nie almal in die strate se lewens in gevaar nie!

Chantal ·

Tia ek stem nie saam met jou nie en is ook maar net my mening. Hy was OPPAD na die vergadering. Ek is seker hy as Brig. het ietwat van ‘n “common sense” om te weet dat die vrou roekeloos was. Sy was skuldig anders sou sy nie weggejaag het nie. Sy het nie net haar lewe in gevaargestel nie maar die van ALMAL om haar ingesluit ONS KINDERS….. Hoekom het sy nie na haar naaste polisie stasie toe gegaan as sy verboureerd was nie? Of dalk ‘n familie lid of iemand geskakel het nie? Sy was selfsugtig en absoluut geensins onskuldig nie. Sy het geen rede gehad om so te jaag nie en dit vir 45 min lank nadat sy gevang is. Die rassekaart hier is onvanpas! SY het die besluit gemaak om te jaag en wou nie die nagevolge daarvan dra nie. Nee man. ‘n Kar is nie ‘n speel ding nie. Was sou sy doen as sy in ‘n ongeluk betrokke was en ‘n ander persoon (moontlik ‘n kind) van hulle lewe ontneem het en dan van strafbare manslag aangekla kon word. Dink mense!!!

omw ·

Uhm, hy het oë by hom gehad? Ken jy die dame dat jy kan sê volgens haar het sy niks noemenswaardig verkeerd gedoen nie? Ek neem so aan. Waarom is daar dubbel standaarde vir noemenswaardig verkeerd? Is bietjie verkeerd dan ok? Verkeerd is verkeerd, veral met padwette. Hierdie redenasie is waarom daar soveel dood en slagting op die paaie is, want sekere dinge is mos net bietjie verkeerd, of eintlik ok, want ons drywers dink so. Ek glo die dame kon agterkom dat dit ‘n geldige aftrek is met al die voertuie, maar sy het gekies om vir 45min weg te jaag, en as die pad nie versper was nie, sou sy seker langer. Sy kon mos direk polisie stasie toe gery het as sy dan bang was? Was sy moontlik onder die invloed? Die dat sy nie wou af geterek word, of dalk net do bietjie gedrink, maar nie dronk nie…….

Cherokee ·

Jaaaaaa… Tia. jy het ‘n baie sinvolle kommentaar gelewer. Verskeie kere al is motoriste gestop met blou ligte wat deur skakers gebruik word. En jou vermoede dat ras ‘n rol gespeel het, mag korrek wees.

Enigste? ·

Is hierdie die enigste Ford Danger? Definitief nie! Soortgelyke ander make ry ook maar so. Sowat twee weke gelede het ‘n Toyota getender vir ‘n kop-teen-kop-botsing met my. Hoe het ek gewens vir ‘n vrot makoueier op sy voorruit. Hierdie is nie die eerste en sal ook weer gebeur. Ry maar so 100 km/h sodat jy ook (dalk) ‘n kans staan die ongeluk te vermy. Die paaie is soos landmyne besaai met ongelukke wat net wag om te gebeur. K53 is NIE voldoende!

Veritas ·

Dagsê Enigste. Ek dink nie die probleem lê by die K53 stelsel nie. Die probleem is die ingesteldheid van sommige bestuurders op SA paaie. Té veel motorbestuurders glo hulle het alleenreg op padverbruik en bestuur dan soos hulle goeddink. Ek wil my nie uitlaat oor dié spesifieke geval nie, maar Tia het dalk ‘n punt beet.

Nettie ·

@Cherokee – jou kommentaar, soos gewoonlik, dra gewig én waarheid. Dankie. Ek weier vir vrek- en doodsake om vir ‘n ongemerkte ‘verkeersvoertuig’ met blou ligte én vir ‘n bloulig kavalkade pad te gee of te stop. Gelukkig bly ek in die Wes-Kaap en is daar nie soveel bloulig-“wannabe”-rowers en bloulig kavalkades hier nie. :-))

Maar dis darem ‘n rowwe antie, dié, jong! Sy jaag vir 45 minute voort en stop eers by stop-en-soek-punt nádat die verkeersbeampte haar afgetrek het (en sy dus sy identiteit en outentiteit van sy aksie kon vasstel). Nee wat, ek reken sy moet maar haar pak vat: sy moes geweet het sy oortree die wet en wat die gevolge daarvan sou wees.

Willie ·

Gemeenskapspolisieerings forum mag volgens wet nie stop-en-deursoek doen nie! Dis die wet? Enige kenner wat wil beaam?

Whitey ·

Hang af van die kleur van die dame. Hulle kan ‘n stripsearch doen as sy aan ‘n minderheidsgroep behoort en as sy aan die meerderheidsgroep behoort mag hulle nie aan haar raak nie . in SA gaan alles oor kleur, of jy wegkom met iets of nie, en of jy mag gepolisieer word of nie .. of aangekla word of nie. Maar onder normale omstandighede het hulle na my mening GEEN reg om te stop en deursoek nie .. tsk gemeenskapspolisiering wat se regte nou al uitgebrei het tot deursoeking .. . maak my siek ..

Poeks ·

Ek sou dalk ook so opgetree het. Mens weet nie meer is dit die ware Jacob of wil hul kaap. Mens kan nie meer sommer net stop veral vrou alleen. Ja as dit n padblokade is, arme vrou. Hoop jy gee hulle gas!!

Hennie ·

Give that woman a bells!!!!! Wys net hoe useless ons SAPD lede is deesdae. 45minute in hoe spoed jaagtog???? En dan ry nog n diesel FORD RANGER!!!! Nee wat ek moet se al die nuus deesdae maak n mens siek maar die brokkie nuus het my nou so lekker laat lag!! Dankie!!!!!

Nettie ·

@Poeks – ek wou ook nog gesê het – ‘n Ford Ranger??? Het nie geweet dié ou dinosourusse kan so woeker nie! Lieven loven, dan moet ek maar eerder nie eendag genoeg verdien om só ‘n groot bakkie te kan koop nie, want ek ry ‘n 1.4 Hyundai i20 Fluid en ek slaat daai ou karretjie sommer so 160/km uur oppad werk toe soggens …

Dink net watter spoed gaan ek ry met bv. ‘n VW Touareg of ‘n 2l Isuzu bakkie ….

GM ·

Met al die ‘fake’ polisiemanne in ons midde, sou ek dit nie eers gewaag het om af te trek nie.

Showahed ·

Goed gedoen mevrou…. as dit nie was vir die pad blokkade nie het hulle jou nou nog gejaag. Ek glo as sy haar kaarte reg speel kan sy dalk net ‘n aanstelling verwag by the Verkeersdepartement. Hulle soek mense wie behoortlik kan bestuur teen hoë spoed. LOL

Dashcam ·

Almal moet dash kameras installeer want dit help misdaad keer, sien wie was eintlik roekeloos op die pad. Versekeringsmaatskappye neem kennis, dit help julle ook.

Dawie ·

As ek kyk na die kommentare dan wil dit voorkom asof die meeste ‘n misdaad afmaak as niks. Hoekom dan kla as jy die slagoffer is van misdaad as jy self misdaad goedpraat.
Misdaad is misdaad of dit ‘n oorskryding is van die spoedgrens of ‘n moord. Dieselfde met sonde – sonde is sonde.

Ontstellend ·

Party komentare is meer ontstellend as die gevaarlike bestuurderes, Tia asb los die ras stories. Ek stem saam met Neeee Tia, mens kan sien as iemand roekeloos ry & bo spoed. Ek kan verstaan as sy dalk bang was vir die beampte – al die dinge wat deesdae gebeur, maar hy het haar regte verduidelik, indien nie of al was sy nog bang, sou die wyse ding gewees het om Polisie stasie toe te jaag en daar in te hol en te sê, iemand “harass” haar of sy is bang…….. Dan sou die Polisie beampte haar goed verduidelik het en sy sou in alle waarskynlikheid kon loskom, omdat hy nie bewyse het nie & sy ‘n goeie verskoning, maar nou gaan sy definitief groot probleme hê, soveel te meer rede om vrese te hê & sy kan niemand anders as haarself blameer nie. Mens kan net kopkrap oor hoekom sy in die 1ste plek so woes gery het…..

Lolla ·

Ag neeee ontstellend… In die eerste plek het die polissieman bewyse nodig. Dis haar woord teen sy woord. Wat hy as hoë spoed deffinieer kan dalk 70kmh wees…. EN, in die donker, na 45 min se “hoë” spoed, het sy nie eens n hoekkie van n pavement raak gery om haar band te krap nie! As dit hoe spoed en roekeloos was, eindig dit gewoonlik met n ongeluk. Sy was blykbaar nie roekeloos genoeg om deur die versperring te ry nie… Ek dink die polissie outjie se ego is geskend, dat n “vroumens” nou vir hom so ore aansit, wat meer roekeloos van haar was as haar bestuursvernuf…lol

hendrik ·

Die meeste kommentare verdedig die vrou maar is sy nie dalk n lid van die’ wie jy nie kan dissiplineer nie. Julle weet , soos die taxi- bestuurders.

Cherokee ·

As dit Sipho se vrou was sou die media dit lankal bekend gemaak het.

anton ·

Wat vir my kommerwekkend is, is dat mense hier al klaar besluit het die vrou is skuldig sonder dat haar kant van die storie gehoor is. Julle glo blindelings die polisie beamptes te storie. Wie se wat hy alles praat is die volle waarheid?
Die polisie kan lankal nie meer vertrou word nie. Ons sien en hoor en lees dit daagliks maar steeds is ons mense doof en blind.

Andre C ·

Was sy nie dalk onder die invloed van drank nie.brandewyn ,coke en n ford maak moeilikheid

Cherokee ·

Haar petrolpedaal kon ook vasgehaak het en om dit teen daardie spoed los te wikkel kon wel 45min geneem het.

Tia ·

Chantal, dalk moet jy weer lees. Hy was op pad TERUG na ‘n vergadering – nie op pad nie. Hier in die Limpopo moet jy as vrou baie bang wees as die polisie jou stop. Hulle dreig en raas en blaas. As hulle nie dreig nie, probeer hulle by jou aanlê en as jy nie belangstel nie, is jy ‘n rassis. Al wat jou uit die aaklige situasie kan kry, is ongelukkig – omkoopgeld. Omkoop in die Limpopo is alledaags en die persoon wat hoog heilig wil verkondig dat hy/sy nie omkoopgeld sal betaal nie, lieg vir homself. As jy hier waag om by ‘n polisievoertuig verby te gaan, kom die ligte en sirene aan en het jy te vinnig gery. ‘n Vrou alleen op die pad met ‘n gawe ‘oom polisieman’ is ‘the stuff nightmares are made off’

Chantal ·

My fout en ek vra onverskoning Tia.
Ek neem haar geensins kwalik dat sy weggejaag het nie. Ek verstaan dit volkome en as dit ek was het ek ook dalk weggejaag maar ek sou na ‘n polisie stasie toe gejaag het met my man aan die ander kant van die lyn. Die ding wat my ongelukkig maak is die feit dat sy vir 45min weggejaag het. En glo my, daai Ford Rangers KAN woeker!! Sy het nie haar net haar eie lewe in gevaar gestel nie maar die van onskuldiges om haar en vir watter rede?? Dit maak dit nogsteeds nie reg nie.

Bobby ·

Dakar toe met jou!!!!!!!!!!!!! Ons soek ‘n spanmaat vir Geniel.

Nee. Ek weet regtig nie meer nie .... ·

Nee. Wat reg is, is reg. Verkeerd is verkeerd. Sy het kans gehad om te kla by die eerste stoppunt. Jammer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.