Vrou (83) in Paarl-Oos vermoor

polisie-huisroof-crime

(Argieffoto: SA Polisie)

’n 83-jarige vrou is Woensdagaand gedurende vermoedelik ʼn huisroof in Paarl-Oos in die Wes-Kaap vermoor. Nog ’n vrou (53) is gedurende die voorval vasgebind.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, sê die voorval het tussen 21:30 en 22:00 by ’n huis in Elricheslot plaasgevind.

Twee verdagtes het toegang tot die huis verkry waarna hulle ná die moord met persoonlike besittings waaronder twee selfone, ’n televisie en ’n naaimasjien in ’n onbekende motor op die vlug geslaan het.

Die vasgebinde vrou kon daarna slaag om haarself los te wikkel waarna sy die paniekknoppie gedruk en te hulp gesnel is.

Die polisie ondersoek ’n saak van moord en huisroof.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Enigiemand met inligting rakende die voorval word versoek om kapt. Auckland Losper by 082 469 1509 of die misdaadstopnommer by 08600 10111 te kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Misky ·

Dis skokkende nuus en wat gaan aan in die Paarl omgewing? Hoeveelste aanval in kort rukkie. Sterkte aan die familie en watse bedreiging kon die ou tannie dan gewees het teen kriminele. My hart breek!!!

Anon ·

Dieselfde taktiek as die res van die land… Weerlose mense want hulle word toegelaat om almal gevange te hou. Dit laat ‘n mens se bloed kook.

Samuel ·

Waarom is die ou tannie geteiken? Mense is nêrens meer veilig nie. Nie in die dag nie en ook nie snags nie. Die polisie kan oral patrolleer nie. Sterkte.

Anel ·

Dis hou net aan en aan en aan. Nou vra die polisie hulp, maar daar is geen beskrywing van die verdagtes nie. Hoe moet mens help as daar geen beskrywing is nie? Want mens moet tog so polities korrek wees. Ai, tog.

Pieter J ·

Dit wil voorkom of hierdie dame nie ń veiligheidshek voor haar deur gehad het nie. Toe sy die deur oopmaak was hulle binne. Uiters tragies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.