Vrou buite Potch aangeval

plaashek-pexels

Foto: Pexels

ʼn Vrou is gisteraand in die Wilgeboom-gebied op die Schoemansdriftpad naby Potchefstroom in Noordwes aangeval.

Sers. Kelebogile Moleko, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die voorval het Dinsdagaand plaasgevind toe die vrou van die werk af gekom het en ʼn hek oopgemaak het. Dit is nie duidelik of die voorval op ʼn plaas of ʼn kleinhoewe plaasgevind het nie.

Marius Müller, nasionale veiligheidskoördineerder van AfriForum, het gesê dit was vreemd dat dié buitehek toe was omdat dit glo altyd oop staan.

“Een verdagte het uit die bosse gespring toe die vrou uit die motor klim om die hek oop te maak. Sy het onmiddellik terug na haar voertuig probeer hardloop, maar hy het haar van agter gegryp en op die grond gegooi. Hy het haar herhaaldelik begin slaan en skop,” het Moleko gesê.

Die vrou het haar bewussyn verloor. Die man het glo ook probeer om die vrou se broek af te trek, maar het gesukkel. “Sy het intussen haar bewussyn herwin en kon daarin slaag om terug voertuig toe te hardloop en die toeter te druk,” het Moleko gesê.

Die aanvaller het homself toe uit die voete gemaak. Volgens Müller is haar handsak en beursie tydens die aanval gebuit.

ʼn Saak van seksuele aanranding word ondersoek. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Daniel ·

nou is dit seker nie poging tot verkragting nie ne? Net gewone aanranding as dit ooit die klag is.Met die narre weet mens nooit

Anne coetzer ·

Ai mens dis erg. Maar was dit nie vir jou snaaks dat die hek wat altyd oopgestaan het,toe was nie. Volgende keer vlug eerder voor jy uitklim uit die motor. Ons is bly jy lewe

Ai ·

Anne, kan jy met sekerheid sê jy sou nie uitgeklim het en die hek oopgemaak het nie, en dat jy dadelik sou omdraai en wegry?

Dit maak my so moedeloos dat julle altyd so vinnig is om vinger na die slagoffer te wys… “ja jy moes nie” of “ja jy moes, dis jou eie skuld…”; wat het geword van empatie hê met jou medemens en die rower/aanvaller verwyt en verkwalik in plaas van die slagoffer???

Riaan ·

Kyk ek was self daar en die berig is glad nie akkuraat nie. Die vrou is nie verkrag nie. Daar was nie gelol by d hek nie. Sy was blood aangerand en berokf deur n terroris. Ek weet nie wie vir julle die inligting gegee het nie.

Thea Gerber ·

Ek lees nêrens in die berig dat sy verkrag is nie. Lees weer.

anton ·

Volgens die berig kom die inligting van die polisie af en van Maruis Muller af.
Nerens staan, sy is verkrag nie en as daar dan verkeerde inligting volgens jou staan moet jy dit voor die polisie se deur plaas.

ontbos altyd hek area ·

Hou ingange en hekke waar jy eers moet stop altyd ontbos, daar mag geen skuilplek wees nie en genoeg wegkomplek vir jouself.

Lynette ·

@Riaan Hoekom sê jy dat die beriggewing nie akkuraat is nie en dat sy NIE verkrag is nie? Die berig het geensins genoem dat sy verkrag is nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.