
Vrou doodgeskiet langs N2 (Foto: Rescue Care)
ʼn Vrou, vermoedelik in haar dertigs, het Vrydagmiddag gesterf in ʼn skietvoorval op die N2 Noord in Durban, KwaZulu-Natal.
Ceron Lennox, woordvoerder van Rescue Care, sê die polisie en nooddienste het die vrou langs die hoofweg tussen bosse aangetref.
Sy het ʼn enkele skietwond aan haar bolyf gehad.
“Paramedici het haar ondersoek, maar daar kon niks meer vir haar gedoen geword het nie; sy was reeds dood,” sê Lennox.
Die presiese oorsaak van die skietvoorval is nog nie bekend nie.
ʼn Polisieondersoek na die voorval duur voort.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
16 Kommentare
Man die duiwel is los in hierdie land. Van 1994 af as ons nou eerlik is.
Los maar die ondersoek, die polisie is useless. Daar sal niks van kom nie.
… en soos gewoonlik wonder ek oor die sinnigheid in die laaste lyn en besef dat dit deel is van die vorm van indiening wat buitendien geen sin dien nie want dit is bloot die amptelike manier van doen.
Jy is so reg Jakes hulle kan maar los.
Ag ja wat, ek sê ook so…….los dit maar, want as hulle met hul hande so in hul sakke rondstaan…gaan daar niks van kom nie…net nog maar n moord……….