Suid-Afrika het Vrydagaand in Taunton ʼn swakkerige telling met goeie boulwerk verdedig en die tweede T20-wedstryd teen Engeland gewen.
Lees meerAlles vir Vrydag 23 Junie 2017
SA A-span baljaar teen futlose Franse
Sonder struktuur, vol foute, met ʼn geel kaart en ook ʼn rooie vir met ʼn skouer in die losskrum instorm. En o ja, ʼn oorwinning met 48-28 vir die SA A-span oor die Franse Barbarians.
Vrystaat-droom ontaard in nagmerrie
Die Vrystaat-vyftiental se droom om die kwarteindronde van die Supersportreeks te haal, het Vrydag in ʼn nagmerrie ontaard toe die Sharks-vyftiental hom op eie werf vermorsel het.
Vrou doodgeskiet langs N2
Die polisie en nooddienste het die vrou langs die hoofweg tussen bosse aangetref.
All Blacks, Lions se doel: klop die ander op hul sterkpunt
Net ses uit 38 wedstryde. Dis al wat die Britse en Ierse Leeus sedert 1904 teen die All Blacks kon wen, en hierdie geskiedenis is volgens eie erkenning iets wat in die toerspan se koppe maal.
Prokureur voor hof ná skietery op sitrusplaas
Die prokureur word daarvan beskuldig dat hy vier werkers Donderdagoggend tydens ʼn vergadering op die Zebediela-sitrusplaas geskiet het ná konflik ontstaan het.
‘Erfenisbate van onskatbare waarde vir ewig verlore’
Die Bloemfonteinse stadsaal was ʼn erfenisbate van onskatbare waarde – nou is dit vir ewig verlore.
Gewilde Afrikaanse akteur trou stilletjies
“Toe ek haar die eerste keer vra om met my te trou, het sy lank gegiggel voor sy ja gesê het. Nou gaan ek ʼn getroude man wees vir ewig en altyd.”
Machadodorp-plaasaanval: Bejaarde egpaar wreed aangeval, in bos gelos
“Die aanvallers het hul albei in ʼn wrede aanval met ʼn skerp staalvoorwerp geslaan. Daar was baie bloed. Hulle is daarna met staaldraad vasgebind en in die bos ingesleep.”
ToekomsVenster: God hou van jou
Here, hier is ek. Amen.
Buurmanne VSA, Kanada spook dit uit om Wêreldbekerplek
Daar is twee toetse die naweek, benewens dié tussen die Springbokke teen Frankryk en die All Blacks teen die Britse en Ierse Leeus, wat vir die deelnemende lande belangrik en vir die buitestaander interessant sal wees.
Ouers waarsku ná modeldogter sterf in fratsongeluk
Die vrou het gesterf in ʼn fratsongeluk met ʼn kombuistoestel. Die vervaardiger het intussen dié toestel van die mark onttrek.
Dis terugbetaaldag op Ellispark
Is dit die Bokke se omdraaiplan waarvan almal droom, of loop ʼn mens dinge te gou vooruit?
‘Renosterstroper’-broers hoor oor borgtog
Die Groenewald-broers wat Donderdag in hegtenis geneem is nadat Interpol ‘n internasionale lasbrief bekom het, het Vrydag in die Polokwane-landdroshof verskyn.
Bruce Fordyce aangerand, beroof tydens drafsessie
“Toe ek afbuk om met hulle te praat, het die mans vuurwapens op my gerig,” sê Fordyce.
Hoftolk vas vir bedrog
Die beampte het die beweerde voorval by die departement se bestuur aangemeld waarna die Valke van die voorval verwittig is en met ’n ondersoek begin het.
Die wêreld in foto’s – 23 Junie 2017
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Anika-saak: Jong vrou in sop oor sosiale media-plasing
Sarah Huyser (25), ʼn inwoner van Pretoria-Noord, het Vrydag in die plaaslike landdroshof verskyn nadat sy glo tydens die opspraakwekkende geregtelike ondersoek na die moord op Anika Smit, ʼn hofbevel verontagsaam het.
S-leer stel eerste blits-leervideo bekend
S-Leer, Solidariteit se Sentrum vir Voortgesette Leer, het vandag sy eerste blits-leervideo tydens ’n regstreekse uitsending op Facebook bekend gestel.
Coligny-moordsaak: Hof sê oor appèlaansoek teen borgtog
Die NVG het aansoek gedoen om verlof om teen die borgtoguitspraak te appelleer.