
Foto: ER24.
ʼn 63-jarige vrou is ernstig beseer in ʼn botsing in Northmead in Benoni wat glo veroorsaak is deur ʼn motoris wat versuim het om ʼn stopteken te gehoorsaam.
Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê die botsing het op die hoek van Vyfdelaan en Vierdestraat plaasgevind.
“By paramedici se aankoms op die toneel was die vrou steeds in haar motor. Sy is vir moontlike abdominale en rugstringbeserings behandel,” het Vermaak gesê.
Die vrou se twee kinders was saam met haar in motor ten tyde van die botsing, maar kon self uit die motor klim.
Paramedici het die vrou op die toneel gestabiliseer en haar en haar kinders na die Sunshine-hospitaal geneem vir verdere mediese behandeling.
Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
9 Kommentare
Die ergste is, die idioot wat nie gestop het nie kom niks oor nie! Dieselfde met my dogter gebeur. Sy is 21 en nou ñ parapleeg en die idioot gaan aan met sy lewe!!!!???
Ek is so siek en sat vir mense wat padreels verontagsaam. En dis omtrent elke 2de motoris op ons paaie. Gister het ons gesien hoe ‘n motor voor ons voet-in-die-hoek oor die rooi robot ry en ‘n bakkie met enkele centimeters gemis het! ‘n Onskuldige persoon (persone) was amper desmoers toe.
Ons regering stel nie juis n voorbeeld nie – en ons wette is ook maar so so – dis hoekom almal maak en ry soos hulle wil.
Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek…..? Ek lees dit dan in die eerste sin van die berig. “…. veroorsaak is deur ‘n motoris wat versuim het om ‘n stopteken te gehoorsaam.”
Sonja, ek is so jammer om van jou hartseer oor jou dogter te lees. Dit is verskriklik. Ek kan my nie indink die skok en pynlike proses waardeur julle moes gegaan het nie. Ek wens julle sterkte vir die pad vorentoe en druk jou kind vir my part al ken ek julle nie.