Vrou gevonnis ná sy haar man laat vermoor

hof-hamer

Argieffoto

ʼn 50-jarige vrou is tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die huurmoord op haar man.

Vusi Mona (48) is op Valentynsdag in 2017 by sy huis in Kanyamazane in die Pienaar-omgewing in Mpumalanga deur drie gewapende mans oorval.

Die verdagtes het die huis geplunder en aangedring op vuurwapens en kontant voor hulle Mona in sy Ford Ranger-bakkie ingedwing en met hom na ʼn kitsbank gery het om meer geld te trek.

Mona, ʼn onderwyser, se liggaam is later die dag met skietwonde in sy bakkie in Pienaar aangetref. Sy hande en voete was vasgebind. Mona se vrou, Simangele Shongwe, was tuis ten tyde van die voorval en het aan die polisie gesê sy het gehoor hoe haar man met die verdagtes gestoei het.

Shongwe is egter sowat twee maande later in hegtenis geneem in verband met die moord op haar man.

Brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, het gesê Shongwe (50) is vroeër die week in die hooggeregshof in Nelspruit gevonnis.

Sy is daaraan skuldig bevind dat sy drie mans gehuur het om haar man te vermoor. Shongwe is tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord, asook tronkstraf opgelê op verskeie ander aanklagte, waaronder huisroof en ontvoering.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Prikkie ·

Hopelik lewenslank sonder om in aanmerking te kom vir parool.

Nic ·

dit help tog nie om met cr en sy makkers te praat nie hulle steur hulle nie aan moord nie dis so goed soos ondersteun dit

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.