Vrou gevonnis ná sy kleuter doodslaan wat hom bevuil

hof-hamer

Argieffoto

ʼn Jong vrou van Robertson is in die Wes-Kaapse hooggeregshof gevonnis vir die moord op ʼn driejarige seuntjie.

Maria Fortuin (22) is tot 20 jaar direkte tronkstraf gevonnis nadat sy ʼn pleitooreenkoms met die staat aangegaan het. Sy het in die pleitooreenkoms erken dat sy Mathew Ivor Smith (3) doodgeslaan het nadat hy hom bevuil het.

Mathew is deur kinderwelsynsorg in die sorg van Fortuin se ma geplaas. Fortuin se ma was egter nie dié dag in November 2017 tuis nie en die kind was in Fortuin se sorg. Volgens Fortuin het sy haar humeur verloor nadat Mathew hom bevuil het, iets wat volgens haar baie gebeur het.

Fortuin het die kleuter met haar plat hand geslaan waarna hy geval het en sy voortgegaan het om hom met die vuis te slaan en te skop terwyl hy op die vloer gelê het. Fortuin het in die hof aangevoer sy kan nie onthou hoeveel keer sy hom geskop en geslaan het nie.

Die hof het gehoor Mathew het na die aanranding onsamehangend gepraat en dat Fortuin glo vir bure gevra het vir ʼn rygeleentheid na die kliniek. Sy kon glo egter nie Mathew se kliniekkaart vind nie en het die beseerde Mathew later in ʼn stootwaentjie na die kliniek gestoot waar hy kort daarna aan sy beserings oorlede is.

Adv. Esmeralda Cecil, die staatsaanklaer, het aan die hof gesê die oorledene was ʼn weerlose kind. “Die graad van geweld was baie ernstig. Die oorledene kon homself nie verdedig nie.”

Die hof het ook bevind dat Fortuin onbevoeg is om ʼn vuurwapen te besit en dat haar naam in die Nasionale Kinderbeskermingsregister opgeneem moet word.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het die vonnis verwelkom.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Hannetjie ·

Hulle moet Fortuin se ma ook aankla.En nooit weer moet sy as versorger aangestel word deur die welsyn nie.Skandelik..so weerlose kindjie so wreed sterf

Mv ·

Ek dink darem nie dis regverdig dat die ma ook anngekla word nie, mens sal tog dink n 22 jarige is oud genoeg om na die 3 jarige te kyk.

Ek dink ·

Die ouma het geweet die ma is nie bevoeg om na die seuntjie te kyk nie, maar sy laat hom in haar sorg. Sy is net so skuldig- die seuntjie was in haar sorg geplaas en sy was verantwoordelik vir hom.

Juffrou ·

MV jy moet oplet in die klas.
Die ma het n geskiedenis van kindermishandeling en daarom is die kind in die ouma se sorg geplaas. So ouma moes nie vir mamma alleen by die kind gelos het nie. So ouma is n groot deel van die probleem.

toy ·

Sy moet lank en goed gaan dink in die tronk, hoe wreed sy was.

RHG ·

Die kind was in hulle pleegsorg. Wie weet wat hy nie reeds vroeër moes verduur nie. My hart wil breek.
As ‘n kind dié probleem het, wat gereeld gebeur, is daar klaar sielkundige skade.
Die vrou van net 20, het ook ‘n einde gemaak aan haar eie toekoms. Baie tragies.

Willie ·

SA is in die toestand agv die regte wat almal het, n moordenaar het regte, diewe, skurke, kinder verkargters… te veel regte en te min discipline, en behoorlikke geregtigheid..

Namgrl ·

Ek sit nou en sien ‘n verskrikte 3 jarige voor my aangesig. Ek sien die vrees, want die oukie is sekerlik nie eers behoorlike gepottie train nie, en moes gedwonge nou so sy broekie vuil maak, of dit ook dalkies gedoen deur angs – dit gebeur mos vir kindertjies as hul bang is vir iets of iemand. 20jaar!!!! dis besurk!!!
My hart is stukkend vir die ou bloedjie.
Soos iemand vroeer geseg het….wie weet – dalk het die tipe van ding al lankal gebeur.
Jy is nou in ‘n veilige plek kleintjie.
God be with us.
Nam

Maritz ·

36 jaar tronk straf as jy ‘n Rinoster dood skiet en 20 jaar as jy n kind dood slaan?

Johannes ·

Stem! Dis nou liberalisme op sy beste… Hierdie wêreld is besig om bitter siek te word.

skerpioen ·

Ek het nou so gehuil terwyl ek die berig gelees het. Die arm outjie is reeds in pleegsorg so sy potie training gaan lank vat en onder normale omstandighede is 3 jaar vir ‘n seun soms nog moeilik. Kla asb hierdie vrou se ma ook aan! Sy moet nooit ooit weer ‘n kind in pleegsorg kry nie. Vir die jong vrou…. jy kan bly wees ek was nie daai dag naby jou nie. Ek huil sommer weer van voor af en ek is nie ‘n sensitiewe persoon nie. Vir wat waarsku Maroela nie dat die inhoud sensitief is nie vir sensitiewe lesers nie….

Mary ·

My hart breek vir die angs en pyn waardeur die arme seuntjie gegaan het. Dit is wreed om ‘n kind vir daai rede dood te slaan. 20 jaar vir wat sy aan hom gedoen het is belaglik, sy moet vir ewig toegesluit word. Ons wereld is siek!!

chantie ·

sy behoort nie in die samelewing nie …..20jaar is nie n straf nie daar kry sy kos en n dak oor haar kop … Daai arme lyfie wat eindlik liefde en beskerming by haar moes kry !

Thelma ·

Ek dink die opskrif behoort jou reeds te gewaarsku het, dit is tragies genoeg.

HPV ·

Ja, 22 is oud genoeg MITS mens ‘n bietjie menslikheid in jou het. In die geval was dit duidelik dat dit totaal ontbreek het! Hoe meer mens van sulke “mense” lees hoe liewer word mens vir diere.

Carel Delport ·

Disnnogals vir gevalle sooos die waarvoor die doodstraf bedoel was. Ek kan nie aan ‘n meer gepaste manier dink vir ons gemeenskap om sensuur uit te spreek oor iemand wat ‘n onskuldige kindjie in haar sorg en op wie die kindjie moet staatmaak
om te lewe en vertrou te wys dat ons nie sulke verskriklike daad sal duld nie…

lolla ·

kinders word van onbevoegde ouers verwyder en by onbevoegde pleegouers gesit….. ek weet van kinders wat aangeneem was deur mense wat nie eers kon lees en skryf nie….en waar drank misbruik gereeld was….. en ander wat heraangeneem was omdat hulle mishandel was….hoe word sulke mense gekies om kinders in hulle sorg te kry???

Net Mens ·

Tog nie altyd nie, En indien dit gebeur, dat onbevoegte mense wil pleegouers word, dan het die betrokke welsyn nie hulle werk behoorlik gedoen nie, glo my ek weet is al vir 10 j pleegmamma, en elke 2 jaar word ek weer ondersoek. Dus het ons stelsel en onbevoegte welsyn beamptes hom gevaal , deur nie n behoorlike ondersoek van pleegouers te doen nie

jakes ·

Oor 10 jaar is sy uit op parool en sal maak asof niks gebeur het nie. Vrouebendes bestaan wel in tronke en sy sal hopelik nie haar vonnis voltooi nadat hulle met haar gal gewerk het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.