Vrou in apteek op Joubertina doodgesteek; ma beseer

(Foto: SA Polisie)

ʼn 46-jarige man is agter tralies nadat hy Dinsdagoggend twee vroue in ʼn apteek op Joubertina in die Oos-Kaap aangeval het.

Maritza van der Linde (43) is dood en haar 61-jarige ma is etlike kere tydens die aanval met ʼn mes gesteek.

Kol. Sibongile Soci, polisiewoordvoerder, het gesê die man is die apteek om 08:45 binne en het Van der Linde gegryp. Haar ma en verskeie werkers was ook in die apteek.

“Hy het al die werkers beveel om die apteek te verlaat en die vrou na ʼn agterkamer gedwing, waar haar ma ook aangehou is. Die verdagte het daarna ʼn mes uitgepluk en die ma verskeie kere in die onderlyf gesteek. [Van der Linde] is ook verskeie kere gesteek.

“Sy het op die toneel gesterf,” het Soci gesê.

Haar ma is na ʼn hospitaal geneem.

Die vermeende aanvaller is op die toneel in hegtenis geneem en verskyn na verwagting binnekort in die landdroshof op die dorp. Hy word van moord en poging tot moord aangekla.

Dit is in dié stadium onduidelik waarom en óf Van der Linde spesifiek geteiken is.

“Die motief vorm deel van die ondersoek,” het Soci gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Sarel ·

Wat help dit hy isvin hegtenis geneem….hy lag al die pad want sy taak.is afgehandel en familie is in rou. Hy sal seker vandag borg kry

Michael ·

Die kriminele is nie meer bang om n misdaad te pleeg nie hulle weet die polisie funksioneer nie meer nie,die tronke is oorbevolk so al kry hulle 200 jaar straf is kanse goed hulle sit nie eers vir 2 jaar dan is die kastige owerhede geforseer om hulle vry te laat.

JM ·

Hy is nou tevrede: het permanent van die slagoffer ontslae geraak. Oor die gevolge van sy onbesonne daad dink hy nie. Só ‘n gewete is afgestomp, of bestaan nie. Nog ‘n geval by die statistieke gevoeg, tiperend van die Suid-Afrika van vandag.

Genis ·

Hierdie land is so in sy peutjie soos nog iets… Moord is so alledaags soos asemhaal..

Mariana ·

Ek hoop van harte alles kom op die lappe en dat hy sal sit. Hy het n juweel weg geneem wat nie gereed was nie sy wou nog lewe. Sy wou net bietjie gelukkig gewees het maar die man het besluit om alles weg te neem.

CORRIE ·

Hierdie is baie hartseer. Daar is ook baie meer agter die storie. Die vrou het vir baie lank gevlug van haar ex man. En ja nou het hy haar gekry en sommer vermoor, hy is siek in sy kop. sy was seker sy slaan sak ook.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.