Vrou in hospitaal opgehang

Argieffoto (Foto: Unsplash)

Die liggaam van ’n 25-jarige vrou is Woensdag in ’n psigiatriese hospitaal in Kimberley opgehang gevind. Die vrou was ’n pasiënt in dié hospitaal.

Volgens kapt. Tessa Jansen, polisiewoordvoerder van die Noord-Kaap, is die polisie omstreeks 14:30 na die toneel ontbied. Hulle het die vrou se liggaam daar aangetref.

“’n Dokter het die vrou op die toneel dood verklaar,” bevestig Jansen.

Jansen kon nie aan Maroela Media bevestig waarom die vrou in die hospitaal opgeneem is nie. Die vrou se identiteit is ook in hierdie stadium nog nie bekend nie. “Al wat die polisie weet, is dat sy van Delportshoop afkomstig is.”

’n Geregtelike doodsondersoek word gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

annie ·

Nuwe pasiënte, diegene op nuwe medikasie of met erge stres moet gedurigdeur onder observasie wees… Kamera’s, tv of verpleegpersoneel. Soms bly familie weg om verskeie redes wat pasiënte verwerp laat voel.

Perdeby ·

Dis ‘n staats hosp en e wonder maar net hoekom was daar nie elke uur rondes gedoen soos hulle moet nie. Iemand gaan verduidlik. So ‘n hosp neem nie pasiente op as hulle nie deur ‘n Dr’s verwys word of hom/haar psigiater nie, so die hosp moenie kom dom speel nie.

Peach ·

@annie en @Toetie môre, wat lees julle wat ek nie raak sien….. inligting baie beperk vir julle om sulke sterk uitlatings te kan maak.

Mieke ·

Peach, iemand wat in ‘n psigiatriese hospitaal opgeneem word, word nie sonder rede opgeneem nie. In ‘n psigiatriese hospitaal is dit die personeel se plig om die pasiënt volledig te evalueer en ‘n verplegingsplan op te stel. As die pasiënt ‘n moontlike selfmoord risiko is, moet hulle die nodige voorsorgmaatreëls toepas.

Waarnemer ·

Word pasiente nie gemonitor in psigiatriese inrigtings nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.