Vrou op N12 aangeval

Argieffoto (Foto: memyselfaneye, Pixabay)

ʼn Vrou is Saterdagoggend op die N12-hoofweg met ʼn skerp voorwerp gesteek nadat sy naby die Snake-afrit aan die Oos-Rand stilgehou het om haar motor se ruitveërs te verstel.

Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, het in ʼn verklaring gesê die vrou is gedurende die voorval wat in dié stadium na ʼn gewapende roof lyk, in die been gesteek.

ʼn Polisiebeampte het egter die voorval gesien en die vrou te hulp gesnel hoewel hy nie aan diens was nie.

Volgens Van Huyssteen het paramedici die vrou omstreeks 11:00 met hul aankoms op die toneel aangetref waar sy agter haar motor gestaan het. Nog polisiebeamptes was in dié stadium op die toneel.

Paramedici het die vrou ondersoek en bevind dat sy matige beserings opgedoen het. Sy is op die toneel behandel voordat sy na ʼn hospitaal geneem is vir verdere mediese behandeling.

Die presiese omstandighede rakende die voorval is nie in dié stadium duidelik nie.

Maroela Media het ʼn navraag aan die polisie gerig en wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Persheks Adri ·

Ons is nêrens veilig nie genoeg is genoeg nou regtig!

Cherokee ·

Wat presies is julle storie met genoeg? Ek verpes die stelling elke keer wanneer iemand dit sê, want selfs die eerste keer was te veel.

ElizeK ·

Ek deel jou sentiment Cherokee. Ek klim teen die mure uit oor genoeg is nou genoeg!!!!

koos10 ·

Dis die hoeveelste aanval op die N12, waar is die polisieering?

Marietjie ·

Daar is soveel verkeersbeamptes op een plek soms bymekaar. Waarom spasieër hul nie ? Êrens moet dit vir ons as publiek darem begin lyk asof dit nie net oor boetekaartjies en vervolging gaan nie, maar ook oor ons veiligheid . Veral naby nedersettingsen af/opritte op die snelweë. Dit voel asof die staat net nie meer omgee wat met ons landsburgers gebeur nie, maar vergeet dat ons hulle salarisse betaal. Dis ons belasting wat hiervoor gebruik word.

Brenda ·

Mense moet leer veral ons vrouens, jy stop nerens alleen nie dit is nie veilig nie. Kon sy nie op n ander plek gestoo het nie was dit so dringend om daar te. Gestop het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.