Vrou se liggaam met steekwonde in huis gevind

(Argieffoto: Miguel Roberts/AP)

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat die liggaam van ʼn 44-jarige vrou Sondag in haar huis in Bellville in die Wes-Kaap gevind is.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, sê die vrou se liggaam is omstreeks 06:00 in haar huis in Eerstelaan in die Boston-woonbuurt gevind.

“Haar oudste seun het haar in haar slaapkamer met verskeie steekwonde aan haar liggaam aangetref,” sê Van Wyk.

Twee verdagtes, albei 20 jaar oud, is later dieselfde dag vasgetrek. Hulle sal na verwagting Dinsdag in die landdroshof in Bellville verskyn op aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Samuel ·

Dit is baie tragies. Hoop die SAPD trek die moordenaar vinnig vas.

Wondermaarnet ·

Dit is so hartseer. Dit is ook ‘n baie stil area en bure moet maar uitkyk vir mekaar.

Blomme ·

Regtig nie meer veilig in jou huis nie? Wat gaan aan in ons land?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.