Die liggaam van ʼn 33-jarige Vrystaatse vrou is Donderdag in die vroeë oggendure met kopwonde in haar erf aangetref.
“Die Tseki-polisie is omstreeks 02:00 na die huis ontbied in die Phamong-informele nedersetting in QwaQwa,” het sers. Mmako Mophiring, polisiewoordvoerder, Vrydag gesê.
“Die vrou se liggaam met steekwonde is buite haar huis gevind. Haar man het die polisie vertel hy het omstreeks middernag by die huis aangekom en gevind die huis se deur is oop. Die man het beweer hy het gedink sy vrou was nie by die huis nie en was verras toe hy haar dood buite die huis aangetref het.”
Mophiring het gesê die polisie het bewyse in die huis gevind wat die vrou se 42-jarige man moontlik met haar moord verbind. Die polisie het beslag gelê op die bewyse en die man in hegtenis geneem.
Hy moet op 3 Januarie in die Tseki-landdroshof verskyn op aanklag van moord.
Die motief vir die moord is onbekend en word ondersoek.
Genl.maj. Peter Moloi, bevelvoerder van die Phuthaditjhaba-polisiëringsgebied, het gesê die polisie ervaar ʼn toename in moordsake in die QwaQwa-gebied weens alkoholmisbruik.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
11 Kommentare
Hoekom nou juis op die tydstip van die jaar? Dink hy nie die polisie sal hom verdink nie?
Moord….Doodstraf.
Noem asb die ras van n persoon wanneer daar n slagoffer van geweld was, dieselfde met die aanvallers!
Wonder waar gaan hulle n oop hof kry die 2de Januarie
Eish… hyt nie daai storie mooi deur gedink voor hy begin praat het nie… klink fishy v my!!