
Meer as 1 000 mense word deur die niebetaling van pensioenbydraes geraak. (Foto: Maroela Media / Argieffoto)
ʼn 53-jarige vrou is in Johannesburg in hegtenis geneem op aanklag van bedrog van ongeveer R17 miljoen.
Kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), het gesê Dhayanethi Moodley was tussen 2012 en 2020 die finansiële bestuurder by USS Pactech, ʼn verpakkingsmaatskappy in Bryanston. “Sy het na bewering diensverskaffers se bankbesonderhede gewysig en sowat R17 miljoen deur verskeie transaksies na haar eie rekening oorbetaal.”
Die Valke se ondersoekeenheid het die dossier ontvang vir verdere ondersoek. Moodley het haarself Dinsdag by die Valke se kantoor in Johannesburg oorgegee.
Sy het in die Palm Ridge- gespesialiseerde handelsmisdaadhof verskyn en is vrygelaat op borgtog van R20 000. Sy moet op 2 Junie weer in die hof verskyn.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
10 Kommentare
Ons volgende President ????
Ons menisters het al miljarde gesteel hoekom word hulle nie toe gesluit nie. Die ANC land se regstel is een groot grap. In die land kan jy mos die polisie en regters om koop.
Steel R17m en kry R20k borg
Net R20 000 borg met soveel geld in haar rekening? Dis n druppel in die emmer gegewe die feite!!
“Pay back the money!” Elkeen wat steel dink hy/sy gaan daarmee wegkom. Sluit haar toe.