Vrou sterf ná sy op lughawe inmekaarsak

ʼn Vrou is dood nadat sy vermoedelik ʼn hartaanval op die OR Tambo-lughawe in Kemptonpark gehad het.

Volgens die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (Acsa), het die vrou Maandagaand op die lughawe inmekaargesak.

Die vrou en haar dogter het van Kaapstad met ʼn vlug van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) op die OR Tambo-lughawe aangekom.

Sy het kort ná 19:00 inmekaargesak terwyl sy en haar dogter in die binnelandse aankomsarea gewag het.

Noodhulpwerkers, gestasioneer op die lughawe, is om 19:14 ontbied en het binne minute opgedaag en noodhulp op die vrou begin toepas.

“Ten spyte van alle pogings om die pasiënt by te bring is sy op die toneel dood verklaar,” lui die verklaring.

“In hierdie stadium word daar vermoed dat ʼn hartstilstand tot die vrou se dood kon gelei het, maar dit moet nog amptelik bevestig word.”

Acsa het nie die vrou se naam bekend gemaak nie aangesien al haar naasbestaandes nog nie in kennis gestel is nie. Die maatskappy het sy meegevoel met die vrou se familie en geliefdes betuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Gaitsigubib ·

As kind het ek amper nooit gehoor n vrou kry n hartaanval nie. Sulke gevalle is deesdae onaanvaarbaar algemeen. Ek wonder hoe lank sal die owerhede nog maak of daar geen probleem is nie.

Highlander ·

@Gaitsigubib. Mens kan deesdae darm nog dink wat jy wil. Maar nie se wat jy wil. You never know WHO listens

Tertius ·

@Gaitsigubib. Die lewe vandag teenoor wat dit 20 of 30 jaar terug was is baie meer stressvol weens die swak ekonomie en algemene dinge in die land/wereld wat nie reg werk nie. Ons sien al hoe meer jonger mense wat aan hartaanvalle sterf nie net vrouens nie. Die feit dat meer vroue ook nou die rolle speel wat vroer deur mans vertolk was meen hulle het meer stress om te verwerk…

Dana ·

My vriendin wat geen vorige hartprobleme gehad het het is twee weke gelede oorlede aan hartstilstand. Sy was blakend gesond, fiks en het elke dag geoefen. Baie vreemd. Baie mense bespiegel of die Covid vaccine dalk die oorsaak van verhoogde hartaanvalle is….. ons sal nooit weet

Spookasem ·

There is a clear scientific connection btwn the jabs and heart problems. Has anyone taken the time to read the 1000s of pages Pfizer was forced to release after losing their court case when they only wanted to release it in 75 year

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.