ʼn Vrou is Saterdagaand dood nadat sy op die N3 in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal deur ʼn voertuig getref is.
Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is die aand na die toneel onder die Kerkstraatbrug op die snelweg ontbied.
Volgens mense op die toneel het ʼn man en twee vroue onder die brug langs die snelweg gestaan, vermoedelik omdat hulle vir ʼn saamrygeleentheid gewag het. ʼn Onbekende groep mans het hulle oorval en probeer om hulle te beroof.
“Een van die vroue, vermoedelik 23 jaar oud, het probeer om te vlug. Sy het in die pad in gehardloop en is deur ʼn verbygaande voertuig getref. Sy het ernstige beserings opgedoen en het op die toneel gesterf,” het Dollman gesê. Die bestuurder van die motor was ongedeerd.
Dollman het gesê die verkeerspolisie en SAPD is na die toneel ontbied en sal die voorval ondersoek.
Volgens Dollman is Netcare 911-paramedici die afgelope paar weke na soortgelyke voorvalle ontbied waar voetgangers, wat probeer het om van rowers te vlug, beseer is of gesterf het toe hulle deur voertuie raakgery is.
Die aanval deur rowers is laakbaar, maar wat soek 3 mense langs die snelweg? Dis onwettig vir voetgangers om daar te wees.
Wat soek die mense, aanvallers en rylopers daar op die snelweg
Onwettig!… nee daar in net een ding wat onwettig in die land is en dit WIT… die res is alles wettig.
Eerder dood as n slagoffer van verkragting