ʼn Vrou, in haar 50’s, is dood toe ʼn trekker op die R102 in Tongaat in KwaZulu-Natal oor haar gery het.
“Die vrou het glo op die wielboog gesit om ʼn rygeleentheid op die trekker te kry,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, gesê. “Sy het afgeval en onder die agterwiel beland.”
Die vrou het verskeie beserings opgedoen en is in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal geneem. “Sy is dood net nadat sy by die hospitaal opgedaag het,” het Botha gesê.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
1 Kommentaar
dit is hoekom n trekker net een sitplek het, word as taxi gebruik, die bestuurder moet verantwoordelikheid aanvaar en sy man staan want hy het dit toegelaat.