Vrou swendel Mosselbaai-gholfklub glo uit byna halfmiljoen rand

Die vrou het glo byna ‘n halfmiljoen rand by die gholfklub gesteel. (Foto: pixabay)

ʼn Voormalige werker van ʼn gholfklub op Mosselbaai in die Wes-Kaap verskyn na verwagting Maandag in die streekhof op die dorp nadat sy glo byna ʼn halfmiljoen rand by ʼn gholfklub daar gesteel het.

Zinzi Hani, woordvoerder van die Valke, sê die 49-jarige vrou het tussen April 2015 en Julie 2016 na bewering R477 430 van die gholfklub gesteel waar sy as boekhouer gewerk het.

“Die ondersoek het getoon dat die verdagte geld uit die werk se kluis gevat en dit ná werk op dobbelmasjiene geblaas het. Die saak is na die Valke verwys nadat die klub se ouditeure ongerymdhede opgetel het,” sê Hani.

Die Valke se eenheid vir ernstige handelsmisdaad op George het die saak teen haar ondersoek.

Die verdagte het glo altesame 21 deposito’s in haar eie bankrekening gemaak.

Sy staan tereg op aanklagte van diefstal en geldwassery. ʼn Lasbrief is op 3 Augustus op haar beteken om vanoggend in die hof verskyn, sê Hani.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Baardman ·

Waar is die golfklub se bestuur en die klub se ouditeure dan. Hulle moes dit mos jare gelede opgetel het dat daar geld weg is. Hulle moet ook sommer verantwoordelikheid neem.

Perdeby ·

Jy word nie elke maand geaudit nie. Hulle het dit wel agter gekom en ‘n saak geopen en na die valke verwys. Ongelukkig neem dit nie net ‘n paar dae of maande om hierdie ondersoek te doen nie, maar baie baie tyd. Dit neem soms ‘n paar jaar, want die persoon wat die saak hanteer, hanteer baie ander sake ook. Jy kan nie mense aankla wat niks gesteel het nie………. hulle was beslis nie nalatig gewees nie. Sy gaan nou kry wat haar toekom.

Keith ·

It should’ve been “picked up” within a day or two, by the Club’s Management. As Toetie states, Auditors don’t perform audits every month. A book keeper should NEVER have stand alone or total control over anybody’s finances or cash. That’s asking for trouble. Rule of thumb – money in gets banked on the next business day, after being double checked by a Manager (who is preferably not married to the book keeper-lol.). EFT transactions – same rules.

My2Sent ·

Hul het dit al in Junie ’16 opgetel, maar so forensiese oudit vat BAIE lank, want hul moet seker maak hul kan elke sent spoor. Dan was daar nog oorvol howe & Covid tussenin – die saak kom sekerlik net nou eers voor.

Hennie J ·

My voorspelling: Sy sal ten minste 7 jaar tronkstraf kry. Die ander krimineel(oud politikus) wat die staat uit R3m verkul het, kry n opgeskorte vonnis. Is sy n maklike teiken terwyl die ander ou toutjies kan trek?

Elinette ·

En wat van Zuma wat oor die R4m omkoopgeld gevat het, Nkandla laat bou het met belastingbetalersgeld … wat nou nog ná meer as ‘n dekade soos ‘n kat op ‘n warm stoofplaat dans om nie tronk toe te gaan nie (ek praat nie van sy kamma-tronk-toe-ganery oor minagtig van die hof nie)?????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.