Vrou ure later gevind ná KZN-plaasaanval

(Argieffoto: Maroela Media)

ʼn 54-jarige vrou wat Woensdagaand op ʼn plaas in die Stanger-omgewing in KwaZulu-Natal glo aangerand is, is eers etlike ure daarna in haar huis deur paramedici gevind en behandel.

Sers. Bonnie Nxumalo, woordvoerder van die polisie, sê die vrou is die aand omstreeks 21:30 deur drie verdagtes in haar huis by Doesberg, Stanger, oorval.

“Die verdagtes het haar na bewering met messe aangerand.”

Volgens Nxumalo is die mans met ʼn televisiestel en selfone vort.

“Die polisie in Stanger ondersoek ʼn saak van huisroof. Nog niemand is in hegtenis geneem nie.”

Volgens die Blue Hawk-veiligheidsdiens is die vrou Donderdag ná 16:00 in haar huis aangetref. Paramedici van ʼn plaaslike nooddiens was op die toneel en het haar dadelik begin behandel.

Sy is per ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere mediese behandeling.

Volgens die veiligheidsdiens is die vrou glo ʼn huurder op die plaas en het alleen in die huis gebly.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Kokerboom ·

Dis nou die tyd dat ons op ons knieë gaan en bly en pleit by die VADER dat HY die vlaag van anargie en wreedhede in ons land van ons wegneem!!!

katerinadiekat ·

Na 25 jaar van bid en smeek lyk dit vir my ongelukkig nie asof dit gaan help nie. Inteendeel, dinge word met erger. So, hoe nou gemaak?

Johann ·

Huisroof? Jy steek iemand met messse en word gesoek vir huisroof?

Wat is poging tot moord dan?

Wikkelwillie ·

presies! Tog word boere aangekla vir terrorisme? Plaasmoorde is mos streef na gelykheid/ geregtigheid. Nie n misdaad nie

Pieter ·

Polisie is deel van die aanvalle. Hoekom net huisroof altyd, wat van die aanranding met die doel om dood te maak.

Androclus ·

Kêrels laat sak die gemoedere en laat ons môre Krugersdag herdenk.

Suzette ·

En nog is dit die einde niet…. dit hou net aan. Ek kan nie sien hoe dit gaan stop voor daar nie ‘n oorlog uitgebreek het nie.

Nico ·

Vraag is dit nou moet die persoon vir haar eie medies betaal waar ander gratis medies ontvang, is dit nie rassisme nie.

christo ·

Dit is so ironies dat mediese nooddienste en privaat sekuriteitsmaatskappe se personeel wat eerste op die toneel is.
Die SAPD is betrokke. Hoekom sê ek so? PASSIEF. Deur passiewe optrede is byvoorbeeld die reaksie op noodoproepe. Pateties. Landelik of stedelik. Waar die SAPD ‘n gebied met hoofsaaklik wit inwoners is, is dit pateties. Indien ‘n buurtwag ‘n burgerlike arrestasie doen, en dan uiteindelik opdaag word daar eerstens aan die verdagte gevra of die wittes hom beseer het. Dan is hulle traag om ‘n saak te registreer.
Maar Ouboet, gebruik jy die k-woord dan is hulle daar soos Flash Gordon en in ‘n polisiesel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.