Vrou vermoor glo 16-jarige familielid

(Argieffoto: Hans Braxmeier/pixabay)

Andile Aalivirah Mthembu (36) van Tsakane in Ekurhuleni, Gauteng, het Maandag haar aansoek om borgtog laat vaar. Sy staan tereg op aanklag van moord en dwarsboming van die gereg.

Lumka Mahanjana, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê Mthembu word daarvan verdink dat sy op 22 Maart 2022 ʼn 16-jarige familielid met ʼn stok aangeval vermoor het. “Sy het na bewering haar 14-jarige seun gedwing om sy nefie vas te hou terwyl sy hom aangerand het.”

Mthembu het in die hof voor landdros Nico Venter skuld beken. Sy voer aan sy het die kind aangeval nadat hy erken het dat hy haar geld gesteel het.

Sy is op 1 April 2022 in hegtenis geneem ná haar seun foto’s van die voorval na ʼn familielid in KwaZulu-Natal gestuur het. Die familie het die polisie gekontak en Mthembu het aan beamptes gewys waar sy die 16-jarige begrawe het.

Die saak is tot 12 April uitgestel vir verdere ondersoek. Die saak word ook oorgeplaas na die streekhof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

JM ·

Ongetemde woede-uitbarstings en moord raak ‘n gewoonte in die land en wat het dit haar gebaat? Dink net vir die oomblik en nie aan die gevolge nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.