Vroue van mensehandelaar gered

(Argieffoto: Josh Hild/Pexels)

ʼn 38-jarige verdagte is in Kimberley in hegtenis geneem op aanklag van mensehandel en die besit van dwelmmiddels.

“Die span het Sondag inligting ontvang oor vermoedelike slagoffers van mensehandel,” sê ao. Nomthandazo Mnisi, woordvoerder van die direktoraat van prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke). Die groep vroue is almal tussen 17 en 29 jaar oud.

“Die slagoffers is na bewering in Oktober 2023 van Gauteng na die Noord-Kaap gelok met die belofte van ʼn beter lewe. Hulle is egter by ʼn hotel in Kimberley aangehou en is vir prostitusie gebruik.”

Die Valke se eenheid in Kimberley wat ernstige georganiseerde misdaad ondersoek, die provinsiale georganiseerdemisdaadeenheid, Kimberley-honde-eenheid, misdaadintelligensie en die plaaslike kriminele rekordsentrum het ʼn klopjag uitgevoer by die hotel.

“Die slagoffers is gered. Daar is ook beslag gelê op mandrax-tablette, kristal-metamfetamien (tik), selfone en dokumentasie.”

Die slagoffers is tans in ʼn plek van veiligheid.

Die verdagte sal na verwagting Dinsdag in die Kimberley-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.