Vrystaat se ligte bly vir eers brand

Argieffoto

Argieffoto

Die elektrisiteit van drie munisipaliteite in die Vrystaat wat Eskom R736 miljoen skuld, gaan nie onmiddellik afgesny word nie.

Die burgerregte-organisasie AfriForum het Eskom dié onderneming gemaak ná samesprekings met verskeie rolspelers, insluitend AfriForum en die betrokke munisipaliteite, op voorwaarde dat die munisipaliteite hulle skuld maandeliks sal vereffen.

“Ons verwelkom hierdie besluit en die ooreenkoms tussen Eskom en die munisipaliteite. Dit is tyd dat die munisipaliteite verantwoordelikheid aanvaar,” het CW Els, AfriForum se provinsiale koördineerder vir die Vrystaat gesê.

Dié munisipaliteite skuld Eskom gesamentlik R736 miljoen. Eskom het die munisipaliteite al in Julie in kennis gestel dat hulle die elektrisiteit sal afsny indien die munisipaliteite nie hul agterstallige rekenings vereffen nie. Die drie munisipaliteite is die Dihlabeng-, Ngwathe- en Maluti a Phofung-munisipaliteite.

Die hofsaak tussen Eskom en respondente, insluitend AfriForum, is uitgestel tot 7 Desember 2014.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.