Vrystaatse egpaar vas oor wapen en ammunisie

(Argieffoto: Marcus Trapp/Pixabay)

’n Egpaar van Welkom in die Vrystaat word deur verskeie aanklagte in die gesig gestaar nadat hulle oor die naweek met ’n vuurwapen en verskillende soorte ammunisie in hul huis in Bronville betrap is. Om sake te vererger het die man glo ook die owerhede probeer omkoop.

Ao. Lynda Steyn, woordvoerder van die Valke, het in ’n verklaring gesê die paartjie, onderskeidelik 27 en 32 jaar oud, is Vrydag in hegtenis geneem nadat die Valke op grond van inligting wat hulle ontvang het op die huis toegeslaan en op ’n onwettige 9 mm-pistool en verskillende soorte ammunisie beslag gelê het.

Die man het glo omkoopgeld van R10 000 aan beamptes wat besig was om die huis vir leidrade te fynkam aangebied om hom en sy vrou vry te laat.

Volgens Steyn het die beamptes ook op die geld beslag gelê. Nadere ondersoek het aan die lig gebring dat die man boonop onwettig in die land is.

Die egpaar sal na verwagting Dinsdag in die plaaslike landdroshof verskyn op aanklagte van die onwettige besit van ’n vuurwapen, die onwettige besit van ammunisie, korrupsie en die oortreding van die Immigrasiewet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

ES ·

Mooi man! En die man is boonop onwettig in die land ook. Knap gedaan dat die polisie hul nie laat omkoop nie.

Deon ·

Ek vra, is die polisie nie dalk bang hulle word uit gevang nie, baie van hulle kan met n coke en n pie om gekoop word onder normale omstandighede

Scalla ·

Onwettige uitlanders wat ons land kom plunder en beroof, laat hy sy vonnis gaan uitdien van waar hy kom op hul koste.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.