Vuurwapen-voorstel ‘irrasioneel, absurd en ontstellend’

(Argieffoto: Lorraine Claasen)

Landbou-organisasies het sterk teen die voorgestelde wysigings aan die Wet op die Beheer van Vuurwapens te velde getrek.

“Die minister van polisie se konsepvoorstelle om die Wet op die Beheer van Vuurwapens te wysig en selfverdediging as ’n geldige rede om ’n vuurwapen te besit uit te sluit, is onverantwoordelik en irrasioneel,” het Uys van der Westhuijzen, voorsitter van Agri SA se sentrum van uitnemendheid: landelike beveiliging, gesê.

“Agri SA verwerp dit ten sterkste. Dit is veral die verwydering en miskenning van die universele reg tot selfverdediging wat in die konsepvoorstelle ingesluit is wat met alle mag deur Suid-Afrikaners teëgestaan behoort te word,” sê Van der Westhuijzen.

Indien die voorstel oor selfverdediging deurgevoer word, is dit veral die boerderygemeenskap wat nadelig daardeur geraak sal word omdat hulle in afgeleë gebiede woonagtig is, ver van ’n naaste polisiestasie. “Hulle is hoofsaaklik op hulself aangewese om hulle teen kriminele te beskerm.

“Die styging in die land se moordsyfer in die vierde kwartaal bevestig net weer die noodsaak vir landsburgers om hulself te beskerm. Die voorgestelde wysigings aan selfverdediging maak dus vir seker nie sin nie! Die polisie se onvermoë om sy grondwetlike verantwoordelikheid na te kom om alle Suid-Afrikaners teen misdaad te beskerm, plaas dié verantwoordelikheid op gewone landsburgers. Die verwydering van die reg tot selfverdediging maak dit vir seker nóg makliker vir misdadigers.”

TLU SA het gesê hy vind die voorgestelde veranderinge aan die Wapenwet nie net absurd nie, maar ook teenstrydig met die Suid-Afrikaanse Grondwet.

“Suid-Afrikaners is soos dinge staan, reeds soos voëls op ʼn tak wat links en regs moet koes vir skote wat afgevuur word, letterlik en figuurlik,” het Henry Geldenhuys, die president van TLU SA, gesê. “Solank as wat misdaad in die land hoogty vier en die regering nie die veiligheid van elke Suid-Afrikaner kan waarborg nie, is die voorstel dat vuurwapens nie vir selfverdediging gebruik mag word nie belaglik.

“Om te verwag dat boere, wat verafgeleë en afgesonderd is, hulself nie mag beskerm nie, is ondenkbaar. Hoekom spandeer die regering nie eerder tyd, geld en hulpbronne daaraan om eers die onwettige wapens in die hande van bendelede en ander misdadigers te verwyder in plaas van om wettige vuurwapeneienaars te teiken nie?” het Geldenhuys gevra.

Hierdie voorstelle sal geensins die misdaadprobleem in Suid-Afrika oplos nie, het Geldenhuys gesê. “Dit sal net daartoe lei dat vuurwapeneienaars oor die gebruik van vuurwapens lieg of die proses heeltemal systap deur wapens onwettig te gebruik.”

Vrystaat Landbou (VL) het in reaksie op die voorgestelde wysigings gesê selfverdediging is elke mens se reg en kan nie deur die staat aan bande gelê word nie.

“Die blote gedagte dat die regering so ’n voorstel sal opper, in ’n land met van die hoogste moordsyfers in die wêreld, is nie net verregaande nie, maar uiters ontstellend en gaan tot ʼn toename in kriminele anargie lei,” het Francois Wilken, president van VL, gesê.

Wilken sê verder dat veral landelike gemeenskappe reeds kwesbaar is, soos onlangs in statistieke oor die toename in plaasaanvalle en -moorde uitgewys, en nie kan bekostig om van wettige vuurwapens ontneem te word nie.

“Die staat se onvermoë om sy burgery teen toenemende kriminaliteit te beskerm, die persepsie dat kriminele meer regte het en vuurwapens mag besit wat gewoonlik onwettig is, en nie meer die reg het om hom-/haarself te verdedig nie, is absurd en ongrondwetlik.”

VL het gesê hy sal eersdaags ʼn veldtog van stapel stuur ten einde die voorgestelde wetswysigings op die Vuurwapenbeheerwet teen te staan. TLU SA het intussen reeds na verteenwoordigende organisasies wat dieselfde uitkoms nastreef, uitgereik om oor hierdie kwessies te vergader. Agri SA het gesê hy sal met insette van sy lede-organisasies kommentaar lewer op die voorgestelde wysigings en, waar nodig, met ander organisasies saamwerk om wysigings tot nadeel van mede-Suid-Afrikaners teë te staan.

Agri SA het ook die verdere voorstelle oor die geldigheidsduur van ’n bevoegdheidsertifikaat en die verdere beperking op die aantal vuurwapens vir geleentheidsjag en sportskiet, as eweneens onaanvaarbaar bestempel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

55 Kommentare

Sobymykoolkop ·

Dis darem nou ” toevallig ” dat dit in die tyd van onteiening sonder vergoeding val.

Surfer ·

Koop jou wapen terug op die swartmark, dan is jy mos nou “wettig” om jouself te verdedig.

David ·

Ek is geneig om saam te stem. Regerings wêreldwyd het massamoorde gepleeg nadat hulle hulle landsburgers ontwapen het.

Kyk maar wat het in die onlangse geskiedenis gebeur na ontwapenings:
Turkye moor 1.5m Armenieers 1915 – 1917,
Rusland vermoor 20m Russe van 1929 – 1953,
China vermoor 20m Chinese van 1948 – 1952,
Duitsland vermoor 16m Jode van 1939 – 1945,
Cambodia vermoor 1m geskoolde mense van 1975 – 1977,
Guatemala vermoor 100k Mayan Indiane van 1964 – 1981 en
Uganda vermoor 300k Christene van 1971 – 1979.

Dis nie te sê dit gaan hier ook gebeur nie, maar die idee laat my beslis ongemaklik voel.

Jana ·

Ja en as jy in ‘n situasie is waarin jy jouself verdedig sluit hulle JOU toe vir moord en onwettige besit van vuurwapen.

Andries ·

Slegs ‘n idioot sal sy vuurwapen prysgee en verwag die misdadiger sal dit ook doen.

Andries ·

Sogenaamde bbp beveiliging se begroting word verhoog…

Dan word van bv. Boere verwag, om in rus en vrede in hul huise te sit, wanneer hulle aangeval word!

ANC, julle soek mos nou moeilikheid…

Misky ·

Weereens is die regering besig om van eerlike burgers, kriminele te maak en ons SAL die wet oortree om onsself te beskerm. Ons wou dinge eerlik doen, maar julle wil nie die game speel nie

Anoniem ·

Geen politikus wat die ontwapening van sy burgers ondersteun, behoort gewapende beskerming te geniet wat met sy burgers se geld betaal word nie.

Werner ·

As almal vir die regering se vat julle wet en vlieg wat gaan hulle doen.Die grondwet sal eers verander moet word want daar staan jy het die reg om jouself te verdedig.

Willem ·

Dit staan nié in die grondwet nie. Dink jy die kommuniste is só dom?

Werner ·

Die menseregte handves in die grondwet se dat elke mens die reg het om in n veilige omgewing te woon.Waneer die regering dit nie kan voorsien nie sal jy dus die reg he om jouself te kan verdedig

Peter ·

Hierdie wetswysiging is om hul onbevoegdheid met die lisensieerings proses weg te steek en as daar nie nuwe aansoeke is nie dink hulle dat hulle die agtersallige aansoeke sal kan uitwis

Jana ·

Ek dink hulle wil liewer wegsteek dat hulle geen probleem sien met die misdaad in die land nie. Dis baie opvallend dat hulle nou hierdie wet wil inbring terwyl daar die afgelope tyd baie stories in die nuus was van mense wat self verantwoordelikheid vir hulle veiligheid aanvaar en terug baklei.

Phil ·

As hierdie deurgaan is die koeel deur die kerk vir die laaste wetsgehoorsame mense in suid afrika.

RS ·

…maar net nog n manier om onskuldige mense te laat uit moor, die krimieneel nog meer krag te gee, onwettige handel nog n grooter hupstoot te gee en die werk wat hulle sukkel om gedoen te kry ten opsigte van die agterstallige wapen lic by die venster uit te gooi.

Matilda ·

If you out law guns, only out laws will have guns. Hulle is besig om ons te ontwapen!

Francois Le Cochon ·

Ek sou se^ dat “selfverdediging” vervang moet word met “verdediging en beskerming”, wat ‘n wyer betekenis het.

Rudolph ·

Jy mag aldus die voorstel ‘n vuurwapen besit om op weerlose, onskuldige diere teiken te skiet maar jy mag nie jouself teen ‘n aanval deur ‘n gewapende misdadiger met ‘n vuurwapen kan verdedig nie?

Louise ·

Dis seker omdat mens al hoe meer hoor van boere wat trug baklei en trug skiet.
Hoe mag hulle dan nou soiets doen, nee hulle moet trug sit dat die plaas sommer net so gevat word.
Hoekom kan die wereld nie besef wat aan die gebeur is hier nie.

ES ·

Louise, die wereld besef dit, maar niemand gee om nie. Dit is die probleem.

henndrik ·

Ek wonder, word die mense wat hierdie voorgestelde wetgewing opgeteken het, deur die belastingbetalers salaris betaal. As dit die geval is is dit ‘n ernstige probleem want ons kan nie bekostig om sulke onbevoegde mense in diens te he nie.

Ovelia ·

Dit is darem nou n stupid move. Wie ht betaal vir ons wettige vuirwapens? Teen oor die gemors wt met ongelisensieheerde vuurwapens loop? Nou wil ek almal wat wettige vuurwPens besit bra om dit wel te gebruik as hul selfverdediging mut toepas

Danie ·

Ek wil nie lelik wees nie en wil mense ook nie slegte dinge toewens nie maar die vrou wat so tekere gaan oor gun free south africa moet bid dat sy of n geliefde nie wreed aangerand of vermoor word nie.

Marius ·

Dit gaan darem jammer wees as die elendige SAPS lede nie meer mag wapens he nie , dit is mos vir selfverdediging of hoe ????

Grassie ·

As mens met wapenhandelaars gesels vertel hulle jou dat die meeste kopers van wettige gelisensieerde wapens swart mense is. Ek wonder hoe wil die regering daar verbykom, of wil hulle die nuwe voorgenome wet op ‘n rassebasis toepas? Dit is tog duidelik dat die hoof doel van die wet is om witmense te ontwapen.

ES ·

Grassie, jy is doodreg, en baie van hulle is net so woedend soos ek en jy want in hulle buurte is die misdaad amper erger as by ons.

Christo ·

Ek stem saam.met die berig. Maar ons moet nie so vasgevang word deur die verregaande voorstel dat ons ook die ander eise/ voorstelle vergeet nie. Soos in die laaste paragraaf aangedui. Ek hoop nie die onderhandelaars teken ons ander regte weg in hul pogings om die selfverdediging reg te behou nie.

Andre ·

Mnr Geldenhuys; is jy ernstig met jou stelling “ solank misdaad hoogty vier en die regering nie die veiligheid van elke Suid Afrikaner kan waarborg nie”
Ek is bekommerd dat iemand met u kennis dalk kan dink dit kan verbeter. Ek sê weer; ons het nou ware leiers nodig om een of ander vorm van selfbeskikking te onderhandel as ons hoop vir ons kinders wil skep

Willem ·

Die voorstelle ter wysiging van die wapenwet deur die SAPD is belaglik. Hier is ‘n teenvoorstel: laat alle SA Burgers in besit van ‘nwettige ID Dokument, ‘n geldige Bevoegdheidsertigikaat vir die tipe wapen en ‘n kluis wat deur die polisie geïnspekteer is toe om enige wapen te koop. Die polisie word bloot deur die wapenhandelaar ingelig dat die wapen gekoop is en deur wie. Dit sal die hande van letterlik duisende polisiebeamptes losmaak om misdadigers te gaan vang.

ES ·

Ek stem saam. Lisensieer die persoon en registreer die vuurwapen. Jy hoef mos net eenkeer bevoeg verklaar te word om ‘n vuurwapen te besit.

Stefaan ·

Ek dink nie die Polisie wil regtig die misdadigers vang nie want dan sal meer as die helfte van hulle in die tronk sit

Neef ·

Volgende op die lys van goed wat verban gaan word sodat ons nie onself kan beskerm is seker messe en vurke. begin maar so lank die plastiek goed koop.

Neef ·

Ek het gou ge-Google oor die lande met die hoogste misdaadsyfers en SA is in die top 4. Soos ons weet uit nuus lees in SA is vuurwapen misdaad baie hoog. Dus, wat die regering eintlik sê is “Kom ons bind ons nie-kriminele landsburgers se hande agter die rug vas om dit nog makliker te maak vir die misdadigers.” Die redes agter hierdie non-logika is iets waaroor n mens liewers nie wil dink nie.

MrMagic ·

Hulle voel seker goor omdat SA nie die 1ste plek het nie Neef

James ·

Liewe ANC: Maak wette net soveel as wat julle wil. As jy my vuurwapens wil vat – kom vat dit “from my cold dead hands.” Kom. Kom haal my wapens.

ES ·

Ek het duur betaal vir my vuurwapen en deur die strawwe proses gegaan om my vuurwapen wettig te bekom. Ek gaan nie agteroor sit en wag dat hulle hom kom afvat nie.

Die wet kan nie gewysig word soos wat die voorstel is nie. Die feit dat ons kamtig van die beste wette in die wereld het, maar glad nie wetstoepassing nie, is die perfekte voorbeeld van ‘n mislukte staat.

Ek weet verseker vir wie ek in volgende verkiesing gaan stem – en dis definitief nie die selfde politieke party waarvoor ek die laaste keer gestem het nie. Want almal “oordeel” maar niemand neem aksie nie.

VaalDonkie ·

Moet ook nie vergeet dat hulle ook nie wil he jy moet self jou patrone kan herlaai nie.

ES ·

Is dit nie skokkend nie? Nou wil ek weet watter risiko hou herlaai in vir die samelewing? Dis asboluut absurd. Ek wonder of ek in die “twilight zone” is?

SomeOne ·

terrug gee, nooit, NOOIT, dis myne , ek het betaal vir dit, gaan die regering my vergoed vir iets waarvoor ek betaal het, en dit was al in 1960

Anoniem ·

Diegene wat nog nie deur die regering se bose planne sien nie, is stokblind.

Samuel ·

Natuurlik is die regering besig met beplande ontwapening van witmense en ander wettige vuurwapeneienaars.

Hendrik ·

Ek dink nie dat die regering duidelik hoor wat sy burgers te se het nie. Burgerlike ongehoorsaamheid gaan duidelik in hierdie saak te vore kom. By die stembusse word daar beslis nie die regte boodskap deurgestuur nie want die getalle van die stomme oorweldigende arm massas wat net stem om ‘n sosiale toelaag te kry of net ‘n BEE meervallertjie of AA pos te kry, verwring die sogenaamde demokrasie uit proporsie.

LANA is ELANè ·

Baie slim manier van ‘n baie slinkse regering om wapens uit wetsgehoorsame burgers se hande te neem, sodat hulle misdadigers net verder kan bemagtig in hul plunder- en moordtog tot totale anargie.

N ·

Daar lê duisende aansoeke en hernuwings in die polisie kantore, maar nee verander eerder die wet sodat jy nie jou werk hoef te doen nie. Ons is in die moeiliheid mense.

Hierdie storie voel soos wanneer jy wakker skrik na n nagmerrie, behalwe dat die storie werklik is. Mens lees elke dag van ons regering en die ‘puppets’ wat ons land beheer se onvermoë, maar blikskottel hierdie is absurt. Hulle maak dit baie duidelik wie die teiken is.

Persheks Adri ·

Dis MY reg om myself en my gesin te beskerm! Hier kom bloed as hulle dink ons gaan dit net so los. Hoop hoed verstaan dit!

Aikie ·

Die registrasie van vuurwapens is so inmekaar geval dat jy in elk geval nie ‘n nuwe vuurwaoen kan kry nie.
Kry eers die gemors oral in die land reg, kom preek dan weer vir ons.

Anoniem ·

Belaglik. Twee redes :
1. Omdat daar nie beheer oor hul eie mense uitgevoer kan word nie, moet ander daar onder lei.
2. Die agterstand in die uitreiking/vernuwing van wapenlisensies is te veel werk. Waarom was daar nooit 30 jaar gelede soveel probleme nie?

koos10 ·

30 jaar terug was daar nie ‘n stupid wet wat jou gedwing het om elke 5 of 10 jaar te hernu nie.

Danie ·

Daar is n video wat die rondte doen van n taxi bestuurder wat nie net een handwapen het nie maar seker n stuk of ses. Nou vra ek hoekom en het hy geldige lisensie en wat gaan Beki Cele daaromtrent doen.

Miskruier ·

Die polisie is nie in staat om te verhoed dat jy n slagoffer van misdaad word nie, hul taak is net om die skuldige aan te keer. Selfbeskerming is noodsaaklik, daarvoor benodig jy n vuurwapen. N mens is baie veiliger in n buurt waar die meerderheid n vuurwapen het, selfs al het jyself nie een nie.

Cecilia ·

Dis my selfde denke. As SA dan so “veilig” is vlgns ou Howdman. Hkm het hy dan gewapende lyfwagte. Wat se rede vowr sy lyfwagte asn om n wapen te drae? Skyfskiet?
Daars nie n manier wat ek my wapen vir onbevoegde SAPSlede gee om “veilig” te bewaar nie en dan 3 jr te moet wag tot my lisensie goedgekeur word.
My wapen is baie veiliger in my eie kluis!

Marshall ·

If one considers that the ultimate aim is genocide, this move is neither irrational nor absurd. What IS IRRATIONAL and ABSURD is the continuing belief among the less intelligent members of the White community that a unitary multicultural state in SA can survive.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.