Vyf familielede in huis vermoor

polisie-huisroof-crime

(Argieffoto: SA Polisie)

Vyf lede van dieselfde familie is in hul huis buite Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal vermoor.

Hulle is volgens die polisie met ʼn byl doodgekap. Die familielede is vermoedelik al Dinsdagaand in hul huis in die Mgodini-gebied in Edendale vermoor.

Volgens kol. Robert Netshiunda, polisiewoordvoerder, is daar Woensdag op die grusame toneel afgekom toe ander familielede die oorledenes wou besoek.

“Met die polisie se aankoms op die toneel is die liggame van ʼn 85-jarige vrou, haar 45-jarige dogter en haar drie kinders, ʼn 11-jarige tweeling en ʼn kind van nege jaar oud, op die vloer gevind. Al die slagoffers het noodlottige kopbeserings opgedoen en ʼn bloedbevlekte byl is op die toneel gevind.”

Die motief vir die moorde is in dié stadium nog onbekend en die provinsiale polisie het ʼn reusesoektog na die skuldige(s) van stapel gestuur.

Die polisie doen ʼn beroep op enigiemand met inligting oor die voorval om hul naaste polisiestasie of Stop Misdaad by 08600 10111 te kontak.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

hpven ·

Ramaphosa kyk en neem kennis! Vroue en kinders en ons tel voort! Jou en jou ANC se dag kom ook voor die Internasionale Hof!

Sandra ·

hy gaan homself en sy maatjies weer uitlieg en die ander laat sleg lyk, Dit is al wat hy goed kan doen

Jacobus ·

hpvenekek stem 100% saam met jou. Daar is geen verskil tussen heirdie anc terroriste en hamas nie.

Karoo ·

Inige meegevoel aan die oorblywende familie. Dit is baie wreed, 85 jaar om met soveel pyn en afsku te gaan. Ek kan my nie indink hoe vreesbevange die gesin moes wees nie. Ek hoop regtig die Polisie sal die mense vang en dat hulle vir altyd weg gesit gaan word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.