Vyf in Khayelitsha afgemaai

Die toneel in die Endlovini- informele nedersetting in Khayelitsha. (Foto: SAPD)

Vyf mense is dood nadat verskeie skote Maandag vroeg in Khayelitsha afgevuur is.

Die aanvallers het in die vroeë oggendure op sinkhuise in die Endlovini- informele nedersetting losgebrand.

Die Wes-Kaapse polisie het reeds die polisie se 72‑uur-aktiveringsplan ingestel om te verseker dat alle nodige hulpbronne beskikbaar gestel word om die voorval te ondersoek en die oortreders aan die pen te laat ry.

Forensiese ondersoekers was ʼn ruk gelede steeds besig om die toneel vir leidrade te fynkam.

Brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, sê vier mans en ʼn vrou is dood nadat onbekende skieters die sinkhuise in Monwabisi Park genader en losgebrand het.

Die slagoffers, wat nog geïdentifiseer moet word, is vermoedelik tussen 25 en 35 jaar oud.

Speurders verbonde aan die polisie se eenheid vir georganiseerde misdaad ondersoek die moorde.

Mense met inligting rakende die voorval word versoek om die polisie by 08600 10111 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

domheks ·

ou cele, hoekom is jy nie daar nie, jy moet gaan kyk of hulle lisensies het vir die vuurwapens!

Elize ·

Ek lees heelwat kommentaar van ons medeburgers op FB en telkemale word daar verwys na hoe die apartheids regime verantwoordelik was vir ‘n bloedbad onder hulle maar ek sal graag wil sien hoe die statistieke vergelyk van hoeveel moorde daar nou plaasvindm onder hierdie demokratiese regering.

Frank ·

21,000 people died in political violence in South Africa during apartheid – of whom 14,000 people died during the six-year transition process from 1990 to 1994. Of those deaths, the vast majority, 92%, have been primarily due to Africans killing Africans. The security forces caused 518 deaths (5.6%) throughout this period.

Swerwer ·

Liewe land maar dit is verskriklik. Wat de hel is in hierdie land aan die gang.

Samuel ·

Dit is verskriklik tragies, hartseer en onnodig. Die misdadigers weet egter dat hulle letterlik met moord kan wegkom. Word hulle gevang en gevonnis is hulle na ‘n rukkie uit op parool.

Innige simpatie met die naasbestaandes.

Nee magtig MM!!! Moet ek vier of vyf keer per dag inteken??

JohanEtz ·

Die die sterfte/moord syfers in SA is BAIE HOëR as met die “oorlog” deur die Russe!!!
Buiteland vee hulle af aan hulpkrete uit SA!!!!

Miskruier ·

Die dodesyfer in die Ukraiëne waar n oorlog afspeel is laer as in ons land.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.