Vyf metrobeamptes in hof oor korrupsie

Argieffoto

Vyf beamptes van die Johannesburgse metropolisie het Maandag in die Germiston-landdroshof verskyn op aanklag van korrupsie en regsverydeling.

Die polisiekonstabels is vroeër die oggend deur die Valke in hegtenis geneem, het kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die elite-misdaadondersoekeenheid, gesê.

Patrick Xolani Njova (38), Simphiwe Zwelakhe Diko (36), Siyabulela Stanford Kheswa (36), Smanga Mthethwa (33) en Fumani Brain Maluleke (26) is op borgtog van R2 000 elk vrygelaat en moet op 13 Oktober weer in die hof verskyn.

Volgens Mulamu het die beamptes na bewering in Maart vanjaar ʼn motor van die pad af getrek in Cleveland in Johannesburg.

“Terwyl hulle die motor deursoek het, het hulle glo op ʼn ongelisensieerde vuurwapen beslag gelê. In plaas daarvan om die verdagte in hegtenis te neem het hulle glo op omkoopgeld van R15 000 aangedring en die verdagte toe vrygelaat.”

Die Valke het ʼn wenk rakende die voorval ontvang en ná ʼn deeglike ondersoek lasbriewe vir die beamptes se inhegtenisneming bekom.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Sputnik ·

Die owerhede moet ook die beamptes wat aan die bopunt van die steil opdraand tussen Duiwelskloof en Polokwane (in die rigting van Polokwane) motoriste inwag wat onwettig oor die sperstreep gery het om stadigbewegende vragmotors verby te steek, en dan ‘n boete verruil vir omkoopgeld, vastrap. Dié euwel moet uitgeroei word.

Doris ·

Hulle moet kom kyk hier in Pretoria gebeur dieselfde trek die karre af vir enige iets en dan soek hulle bribe en hulle naam plaatjies is toe jy kan nie sien wie hulle is nie, en moenie eers vra maak oop daardie plaatjie dan word vir jou gesê wat wil jy sien. Glo my hier in die moot area gaan hulle lekker aan. en op die van der Hoff pad gebeur dit gereeld. Mooi vat hulle vas soos een van hulle mense dit anderdag sê hulle kry groot salariise hulle mag dit nie doen nie kry die name maar hulle is te uitgeslape.

Johann M van Heerden ·

VYF van hulle. Hoeveel is daar nog? Dit is nag vir ons in die land.

andre ·

Waar kan n mens so n tel nr kry sodat jy die regte instansie kan skakel as dit met jou gebeur.
N persoon moet dadelik kan skakel die oomblik as dit met jou gebeur sodat die mense onmiddelik gevang kan word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.