Vyf persone is in Macassar in Kaapstad in hegtenis geneem in verband met die besit van perlemoen met ʼn geraamde straatwaarde van meer as R300 000.
Volgens die polisie in die Wes-Kaap is beamptes op patrollie Dinsdagaand in kennis gestel van ʼn moontlike roof by ʼn huis in Anton Fransstraat. Die beamptes het opgemerk die inwoners van die huis tree verdag op. Die eiendom en voertuie is deursoek en daar is beslag gelê op perlemoen met ʼn geraamde straatwaarde van R368 000.
“Die vyf verdagtes, tussen 22 en 26 jaar oud, sal na verwagting Donderdag in die hof verskyn op aanklag van die onwettige besit van perlemoen,” het die polisie in ʼn verklaring gesê.
Alhoewel die omstandighede oor die vonds steeds ondersoek word, het lt.genl. KE Jula, provinsiale polisiekommissaris, die lede geloof vir hul bydrae in die stryd om perlemoenstropery in die provinsie te bekamp.
Perlemoen stropery verdien dieselfde openbare aandag en ondersteuning deur die staat en publiek.
Ek wil net se in wes kaap is n perlemoen meer werd as mens se lewe