Waarnemende groepshoof by SAUK aangestel

Nada Wotshela (Foto: Nada Wotshela/LinkedIn)

Die raad van die SAUK het Nada Wotshela as waarnemende groepshoof aangestel met ingang vanaf 1 Julie 2023.

Mmoni Seapolelo, woordvoerder vir die openbare uitsaaier, sê die raad is vol vertroue in Wotshela se vermoë om die SAUK in dié tyd te lei.

“Ons doen ʼn beroep op die SAUK se belanghebbendes – intern en ekstern – om haar in dié tydperk te ondersteun.”

Wotshela is ʼn ervare uitsaaier met meer as 20 jaar ervaring by die SAUK waarvan 12 jaar op senior bestuursvlak was. “Sy het die tegniese kennis en leierskapsvaardighede binne die openbare uitsaaiwese en dien tans as groepshoof vir radio by die SAUK.”

Die huidige groepshoof, Madoda Mxakwe, se vyfjaartermyn verstryk op 30 Junie 2023. Hy is die eerste groepshoof wat ʼn kontrak van meer as 15 jaar uitgedien het.

“Mxakwe is in Julie 2018 aangestel en het by die SAUK aangesluit in ʼn tyd wat die openbare uitsaaier gesukkel het met bestuur, korrupsie, growwe wanbestuur en in ʼn finansiële verknorsing was. Oor die afgelope vyf jaar het Mxakwe en die bestuurspan nou saam met al die personeel en raadslede saamgewerk om dié benarde situasie om te keer en die openbare uitsaaier op die herstelpad te plaas en geloofwaardigheid op te bou,” sê Seapolelo. “Alhoewel uitdagings rondom die finansiële volhoubaarheid voortduur, het die SAUK onder sy leierskap gestabiliseer.”

Die raad van die SAUK bedank Mxakwe vir sy “beduidende bydrae tot die SAUK en Suid-Afrika en wens hom alles van die beste toe”.

Werwing vir ʼn nuwe groepshoof duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Republikein in die Wes Kaap ·

Nuttelose organisasie in huidige formaat. Breek op in dele en privatiseer.

Yvonne ·

Die termyn eindig….maar nog nie eers n opvolger nie…nou hoe nou…onbeholpe soos die res

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.