Pres. Jacob Zuma het Donderdag lt.genl. Lesetja Mothiba met onmiddellike effek as waarnemende nasionale polisiekommissaris aangestel.
Lt.genl. Khomotso Phahlane se waarnemende amp het vandag, 1 Junie 2017, verstryk. Die president het lt.genl. Phahlane bedank vir die leierskap van die polisie tydens sy waarnemende termyn.
Mothiba is tans die polisie se afdelingshoof van die bestuursingrypingseenheid.
“Pres. Zuma het die nuwe waarnemende kommissaris gelukgewens en wens hom alles van die beste toe in sy nuwe verantwoordelikheid,” het dr. Bongani Ngqulunga, woordvoerder van die presidensie, gesê.
Nou maar kyk hoe lank hy in sy amp mag dien voordat hy ook die trekpas kry,
Hier gaan ons alweer …is die nuwe man ook n gupta man …weet iemand ?
Nog een wat lekker gaan steel
Hi maroela mail. Julle plaas in elk geval nie my konentaar nie. Ek verlaat en delete julle page nou. Gemors
Dalk omdat jou spelling die betekenis van jou konentaar verbrabbel wat inderdaad toe wèl geplaas is….
Ek het so n hoe verwagting in Phahlane gehad en gehoop hy sal die polisie regruk,maar helaas,die oomblik het vir hom te groot geraak.
Hoop hy het ten minste deur die ranks tot daar gevorder, hul het tot dusver almal n reputasie gehad, die een wat hom aangestel het inkluis.
Ons is seker die land met die meeste waarnemende be amptes in belangrike poste,kan ons asb ‘n waarnemende president kry?
AI! NOU MOET ONS LEDE AL WEER GAAN VIR NUWE AANSTELLINGSSERTIFIKATE. 150000 BEAMPTES TEEN R80 PER AANSTELLINGSSERTIFIKAAT.NOG R12 000 000 WAT VERMORS WORD. EN DIT IS NOU N JAARLIKSE DING .
En ek neem aan al die vorige waarnemende manne word steeds betaal, hulle word mos geskors met betaling so neem aan die regte hoof word ook steeds betaal. So dan word daar nou 3 mense betaal terwyl die werk eintlik glad nie gedoen word nie, lekker betaal ons belastingbetalers neh, geen wonder daar was nie geld vir droogtehulp nie.
Een se sakke is nou vol,nou plek maak vir n volgende om te skep,wat n toestand!!
Hierdie man het deur die range gegaan en het altyd opgestaan vir sy personeel wit of swart.
Dankie vir die inligting, Magda. Dis baie goeie nuus.
Ek het na Phalane en McBride geluister en vining besef Phalane gaan sy werk verloor. Phalane het presies gesê hoe hy OPID ondersoek sonder om te besef dat hy dit nie moes doen nie en dat hy ‘n onafhanklike Brigadier moes aangestel het om dit te doen. Phalane het does direk ingemeng in ‘n regsproses wat hom raak. Aan die anderkant was dit mootlik en enigste hoop om himself te beskerm. Phalane het by alle waarskynlikheid baie dinge om weg te steek en die rede verklaar hom hy OPID se ondersoek in die wiele wou ry.
Ai ja jai !!!
Ek ken Genl. Mothiba al jare as ‘n eerlike en opregte person sonder enige kleur voorkeur. Hy is in niemand se sak nie en het integrireit.
Dan praat hy nog beter Afrikaans as die meeste van ons.
Hy verdien ‘n regverdige kans, kom ons gee hom kans om homself te bewys.
Dankie, Johann. Jou en Magda se kommentaar is baie welkom en die enigste wat op die oomblik regtig saak maak en betekenis het.
Johann, ek stem. Ek het ook die geleendheid gehad om onder sy bevel te werk (klomp jare terug!) en kan bevestig wat jy gesê!
Uit wie se hand eet JY, Genl?
Deesdae moet mens maar versigtig wees, jy weet!
Ja ek stem saam hy was my kompanie bevelvoerder gewees 1994 in die kollege goeie man ken sy werk.Het gewerk om sy range tekry/
Dieselfde positiewe kommentaar is ook hier gelewer met Phahlane se aanstelling,en kyk waar is hy nou! Ek gaan nie weer so n gek wees om die volg Naskom sommer net so te glo nie.
Enige iets wat Zuma doen kan nie goed uitdraai nie. Bewys my verkeerd. Ha ha.
Geniet mekaar !