Waarskuwingsligte flikker weer by Eskom

(Argieffoto: Mazhar Zandsalimi/Unsplash)

Eskom het Maandag ’n beroep op Suid-Afrikaners gedoen om hul kragverbruik te verminder om die moontlikheid van beurtkrag te voorkom.

Volgens die kragvoorsiener kan fase 2-beurtkrag tussen 16:00 en 24:00 op kort kennisgewing ingestel word weens ’n tekort aan opwekkingskapasiteit.

Dit is omrede die verlies van verskeie kragopwekkingseenhede oor die naweek, asook vertragings in die terugkeer van sommige opwekkingseenhede tot diens.

“Twee opwekkingseenhede het die afgelope 24 uur onklaar geraak by die Arnot-kragstasie, asook ’n eenheid elk by die Camden- en Lethabo-kragstasie. Verder was daar ook ’n vertraging in die herstel van opwekkingseenhede by die Kendal-, Komati- en twee eenhede by Tutuka-kragstasie,” sê Eskom in ’n verklaring.

Eskom het die naweek twee opwekkingseenhede by die Kendal-kragstasie en ’n eenheid elk by die Hendrina-, Kusile- en Tutuka-kragstasie in diens gestel.

Sowat 4 872 MW word in dié stadium aan beplande instandhouding afgestaan, terwyl Eskom sonder ’n bykomende 13 983 MW moet klaarkom weens onbeplande onderbrekings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Hendrik Marthinus ·

Die de Reyter man Kan net nie ons betaalde Verbruikers uitlos nie
Hy Kan nie n naweek uit die nuus Bly nie, als sy kragstasies breek op n Maandag
Hy se maw more middag 16:00 begin Beurtkrag tot Vrydag
Week in en week uit dieselfde storie.
Volgende Maandag presies dieselfde tyd weer n waarskuwing
Eerste CEO ooit in geskiedenis van Eskom wat elke week Beurtkrag toepas.
Hoe diens die manne Dan Dat niks regkom nie
Eks seker Zuma Sal beter vaar as hy in sy sieklike toestand

Jr ·

Ja en almal verdedig hom. Nee dis nie sy skuld nie. Nee hy’t eskom so gekry. Hy is nou hoe lank ceo maar nog erger as ooit.

Kokerboom ·

Miskien moet Zuma en sy chronies terugkom en Eskom FINAAL in grond in ry!

annie ·

Dis presies die reaksie waarop gehoop word deur diegene wat Eskom wil kelder en die bestuur. Die mense wat die probleme veroorsaak het moet eerder die skuld kry. Zuma hoop self hy kan weer terugkeer. En dan is hy skielik springlewendig.

Piet parys ·

Mense soos jy het geen kennis wat n reusagtige taak is dit en wat dit verg wat die Anc opgeneuk het om te herstel nie. De ruiter is daar geplaas om net weereens die witmense te blameer soos als wat in die land wat opgeneuk is. Sommige swartmense het mos nie en vat mos nie verantwoordelikheid vir wat hy hy opneuk nie net solank hy homself kan verryk tenkoste van ander is hy gelukkig . Korrupsie is nog lank nie uitgeroei nie en wat van onwettige aansluitings en nie betalers van krag . Dit is n ononkeerbare proses . SO KRY MAAR VIR JOU SOLAR DALK MAAK DIT JOU GELUKKIG

Eiervrug ·

Ag hoekom vat julle nie net julle kosblikke en gaan huistoe nie…. Ons is nou al so ge-olie, ons sal regkom dankie.

Henri ·

“Sowat 4 872 MW word in dié stadium aan beplande instandhouding afgestaan, terwyl Eskom sonder ’n bykomende 13 983 MW moet klaarkom weens onbeplande onderbrekings.”

Hierdie verhouding bly konstant op 1:3. Dit is verbysterdend dat daar net nooit vordering gemaak word nie. Eskom is sekerlik ook die enigste maatskappy in die wêreld wat sy kliënte ontmoedig om meer van sy produk te gebruik…

Di ·

EN Rampie is doodstil met sy lee beloftes om Eskom uit te sorteer. Nou is daar GEEN melding meer van die persone wat aangestel sou word om Eskom te help die probleme uit te sorteer. Die LYS van name wat voorgele is was te WIT! Nou het doodse stilte ingetree en niemand rep ‘n woord op die pad vorentoe nie. Korrupte Regering ook nie bereid dat die private sektor bydrae kan lewer tot die GRID, weer BEEEEEEEE stories.

VaalDonkie ·

Ek is verbaas daar is krag vir daai waarskuwingsligte om te flikker.

Hendrik ·

Wat is aan die gang by Koeberg??? Daar is 900 MW wat nie opgewek word nie!!! Koeberg sou die stoo ketels vervang het wat toe nie plaas gevind het nie, hoekom kan daardie eenheid nie nou krag opwek nie???? Eskom speel nie oop kaarte met ons nie!!!!

Suzette ·

Presies Hendrik, hulle onderskat ons intelligensie absoluut. Hoe gebeur dit dat daar weekliks dieselfde verskonings is. Wat HET van Pravin Gordan se vraag na hulp geword? Hoekom hoor mens gerugte wat oornag sommer doodloop. Niemand praat ooit weer daarvan nie. Die DA vra soms die regte vrae, maar jy hoor nooit van enige oplossings nie. Ek laat my nie vertel daar kan nie mense gevind word om Eskom se “probleme” op te los nie. Dis so duidelik soos daglig dat daar ander duistere motiewe is om Eskom finaal te sink. Go figure….

Nico ·

Raak ontslae van al die ongeskoolde arbeid, bring terug die geskoolde arbeid, dit is as gevolg van die BBEEE wat dit so gaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.