Walvis glo opgekap vir vleis in KZN

Die boggelrugwalvis wat op Palm Beach-strand uitgespoel het. Foto: @govenderelisha op Twitter.

Die boggelrugwalvis wat op Palm Beach-strand uitgespoel het. Foto: @govenderelisha op Twitter.

Inwoners aan die suidkus van KwaZulu-Natal het ‘n boggelrugwalvis wat op Palm Beach se strand uitgespoel het begin opkap, berig The Witness.

Tony Prins, ‘n ooggetuie, het aan The Witness gesê dat nagenoeg 50 mense die walvis, wat Maandag op die strand uitgespoel het, begin opsny het.

“Die dier is oopgesny en van sy binnegoed en ander organe is besig om op die strand uit te spoel,” het Prins gesê.

Musa Mntambo, woordvoerder van Ezemvelo KZN Wildlife, het aan The Witness gesê dat mense wat met walvisvleis betrap word tronkstraf opgelê kan word aangesien dit onwettig is om in besit daarvan te wees.

Tony Davis, afvalbestuurder in Port Edward, sê hulle hoop dat die stygende gety die karkas terug in die see sal inspoel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Marie de Klerk ·

Daardie vleis was so vrot dat mens op afstand al naar kon word! Erger as aasvoels!

waks ·

@ Marie nie almal eet steak met met mes & vurk nie, die mense is honger da is van die mense wat op die aasgatte sit en wag vir iets om daar weg gegooi te word is nie rerig aasvoels nie hulle is desperaat om iets in hulle mae te kry!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.