Warmlugballon val buite Pretoria

Foto: Netcare 911

ʼn Warmlugballon het Saterdagoggend in Soshanguve, noord van Pretoria, neergestort.

Paramedici van Netcare 911 is omstreeks 09:29 na die toneel naby die M44 in Soshanguve ontbied, het Shawn Herbst, woordvoerder van dié nooddiens, gesê.

“Die warmlugballon het in ʼn veld langs ʼn busdepot te lande gekom.”

Twee mense het ligte beserings opgedoen en hul toestand was stabiel toe hulle deur paramedici ondersoek is.

“Die beseerdes is op die toneel gestabiliseer voor hulle na ʼn hospitaal geneem is vir verdere behandeling.”

Die presiese omstandighede rakende die voorval is nog nie duidelik nie.

Foto: Netcare 911

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

gretha ·

Paramedici het hulle seker ondersoek en nie deursoek nie…. Dankbaar niemand is ernstig beseer nie.

Elna ·

Sterkte vir die 2 wat beserings opgedoen het. Kyk net hoe is hulle toegesak deur die toeskouers hoop maar van harte dat hulle nie waardevolle items by hulle gehad het nie.

Simpatie ·

Doloris, hulle bly daar in Shoshanguve. Let op die huise in die agtergrond.
Kon lelik gewees het. Bly hulle is nie ernstig beseer nie.

Mike Visagie ·

Dis uiters swak verslaggewing.
Indien die ballon “geval” het, sou daar min of geen oorlewendes gewees het.
Dit was tien teen een slegs n harde landing, met relatief ligte beserings.

Kallie ·

Chill, maat, chill…dis naweek. Môre sal die son weer opkom.

Paula ·

Ek was vanoggend in dié lugballon rit. Die berig is gegrond op false inligting. Dit was glad nie ñ neerstorting nie, maar eerder ñ ‘harder’ landing, die wind was net bietjie sterk, maar alles het verloop soos dit moes. Ek wil ook uitlig dat daar geen beseerdes was nie, almal het na die rit saam ontbyt geniet.

m.d.r. ·

Ek vermoed dit was een van twee balonne wat ons vroeg al gesien het oor Hartbeespoort in ‘n noordelike rigting al langs die Magaliesberg.
Dit was opmerklik dat die twee gladnie enige hoogte gehad het nie, veral die agterste een kon blykbaar nie hoogte kry nie,

Bly om te verneem niemand is ernstig beseer nie.

Harties Inwoner ·

Was baie winderig vanoggend 2 lugbalonne het gevaarlik laag oor Harties beweeg.
Nogal gewonder waarom het opgestyg is sulke weer omstandighede.
Gewoonlik is hulle baie streng as dit nie n windstil dag is nie.

Hennie v Zyl ·

Nie goeie weer vir lugballone. Nie baie goeie oordeel????

Paula ·

Ek was vanoggend in dié lugballon rit. Die berig is gegrond op false inligting. Dit was glad nie ñ neerstorting nie, maar eerder ñ ‘harder’ landing, die wind was net bietjie sterk aan die einde van die rit (dis ook waarom ons nie hoër op gegaan het in sterker strome nie), maar alles het verloop soos dit moes. Ek wil ook uitlig dat daar geen beseerdes was nie, almal het na die rit saam ontbyt geniet.

Nico Strydom ·

Dagsê Paula
Dankie vir jou kommentaar. Die inligting is so van die nooddienste ontvang wat op die toneel was – ons sal dit verder met hulle opvolg om te hoor hoekom die inligting skynbaar nie korrek is nie. Baie bly om te hoor almal is ongedeerd. Vriendelike groete
Maroela Media

Gert van Wierdapark ·

Paula haal toe die wind uit die seile van die berig!

Derek ·

Neee…Paula as n beplande landing SÓ LYK dan moes dit n 10jarige wees,wat DIT uitgevoer het!!
Die VRUGTEpunch moes begin gis het en julle bedwelm het!!!
AS jy nou ooit daar was…bygesê

Pierre Bezuidenhout ·

Volgens wat ons waargeneem het vanaf Kommando nek is dat toe die 3 lugbalonne opstyg was die wind normaal maar skielik verander die hele situasie toe die wind opsteek
2 lugbalonne het duidelik die landingsplek duskant Peacanwood gemis maar die agterste ene het kopgehou en heeltyd laag gebly was letterlik net net bo-oor boomtoppe gestuur.
Ons kon sien dat die 2 voorste lugbalonne rigting Pretoria beweeg en die 3de ene veilig land
Volgens my is die berig dan korrek en ek kan die gemengde kleure van die lugbalonne soos op foto bevestig
Wat my egter bekommerd maak is dat daar slegs berig is oor 1 lugballon wat volgens my n noodlanding moes maak in Sosh en die ander ene het ons sien land – waar is die 3de lugballon ?

CHAPPIES ·

Busisiwe,jacob,cyril+juliuuuss was seker OOK ini lugbalon, dié laat hy “geland” waar hy GELAND het…!!! Hahaaa

Derek ·

Moes def n 10jarige gewees het, wat geloots het jaaa!
ONVERANTWOORDELIK!
Hulle kan blywees hulle het lewendig daarvan afgekom van val en van area

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.