Watersituasie in Tshwane nou ‘kritiek’

Grootmaatwater na Tshwane is reeds beperk en inwoners is gemaan om hul waterverbruik aansienlik te verminder. (Foto: Maroela Media)

Sommige gebiede in die Tshwane-metro het reeds wateronderbrekings begin ondervind nadat Rand Water watertoevoer na die hoofstad beperk het.

Rand Water se huidige stelselkapasiteit het van 60% tot 30% gedaal, ʼn situasie wat as “kritiek” bestempel word, sê Daryl Johnson, burgemeesterskomiteelid vir nutsdienste en streeksoperasies by die Tshwane-metro.

“Meer gebiede gaan binnekort watertekorte begin ondervind indien die situasie nie verander nie; met ander woorde, as verbruikers se watergebruik nie verminder nie,” waarsku hy.

Die tekorte is ʼn regstreekse gevolg van die verminderde watervloei en druk na Tshwane se reservoirs. Dele van Waterkloofrif, dele van Monumentpark, Grootfontein en dele van Soshanguve ondervind reeds tekorte. In Soshanguve beteken hoë waterverbruik dat water nie in die toring gepomp kan word nie omdat die reservoirvlak te laag is.

Rand Water het vroeër al gemaan dat waterverbruik in Tshwane en ander munisipaliteite aansienlik toegeneem het. Dit het gelei tot ʼn daling in sy algehele reservoir-opgaarkapasiteit. Die hoë waterverbruik word vererger deur die onlangse hittegolf en gebrek aan reën.

“Beurtkrag belemmer die situasie nog verder. Pompure word verminder weens ʼn gebrek aan krag na waterbehandelingsaanlegte tydens beurtkrag,” sê Johnson.

Rand Water het met onmiddellike inwerkingstelling beperkings ingestel op verskeie gebiede waar hoë waterverbruik aangemeld is in ʼn poging om normale bedryfsvlakke weer tot op 60% te herstel. Indien daar nie ʼn noemenswaardige verbetering is nie, kan die grootmaatwaterverskaffingstelsel aanhou daal en eindelik ineenstort.

“Om te verhoed dat reservoirs opdroog en dit tot meer watertekorte aanleiding gee, doen die stad ʼn beroep op alle inwoners om te help deur waterverbruik te verminder en aan te hou om water spaarsaam te gebruik,” sê Johnson.

Help só:

  • Moenie tuine met ʼn tuinslang of besproeiingstelsel tydens oggend- en aandspitstye natmaak nie
  • Vermy die gebruik van ʼn tuinslang om opritte of stoepe skoon te maak
  • Moenie die tuinslang gebruik om jou voertuig te was nie
  • Vermy die opvul van swembaddens of fonteine in hierdie tyd

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Koos 100 ·

Ek het ‘n baie beter plan. Maak lekplekke in julle munisipale area reg. DA dis waar julle water verlore gaan, nie deur tuinslange van inwoners nie!

Boksombende ·

100%. Daar is ‘n lek in die Waterkloof area al vir maande naby Castle Gate met derduisende liters wat letterlik in die drein afloop.

Tshwane maak die lek “reg”, maar dan is ons weer waar ons is ‘n paar dae later.

Elma ·

“…..as verbruikers se water verbruik nie verminder nie…..” Ai, ook altyd die verbruiker se skuld! Verminder die beurtkrag dan kan al die pompe na kapasiteit pomp! Maklik. Die regering moet verbeter, die verbruiker is leeg getap. Hier in Potch dieselle probleem in sommige areas. Net een pomp wat tydens beurtkrag werk. En die hoeveelheid ure krag beskikbaar, is nie genoeg om die reservoirs op stabiele vlakke te hou nie. Maar die verbruiker moet minder….

Truman Burbank ·

Ek sien in n ander publikasie dat “hulle beplan dat beurtkrag in 2025 verby sal wees”. Wanneer die “groenkrag” geimplenteer is. Wie de hel het mamparra die reg gegee om namens die bevolking sulke besluite te maak?

marius ·

Dit gaan orals so . Die water gaan verlore as gevolg van lekke omrede daar geen instandhouding gedoen is nie . Pompe werk nie en beurtkrag kry die skuld , maar daar is geen kragopwekkers nie . Die koeel is deur die kerk vir die hool , op alle vlakke .

Manie ·

Daar is nie ‘n watertekort nie, die riviere en damme is propvol. Julle naam is ineenstorting.

Renier ·

Probeer nou net die verskeie departemente kry om saam te werk,dan kan die probleem maklik opgelos word.

Manie ·

Tshwane het ‘n politieke speelbal tussen die ANC en DA geword en intussen sukkel die inwoners.

Jack ·

Die DA geleide koalisie het die politieke mag oorgeneem maar word in die wiele gery deur die ANC kaders wat 90% van munisipale amptenary uitmaak.
En die amptenary behoort aan vakbonde wat net na hulle eie belang omsien en basta met die belastingbetalende publiek.

Amelia ·

Waar is die dae wat met sproeier kon nat maak Tuine was altyd so mooi Mense word aangemoedig om self groente tuin te maak maar hoe doen mens dit deesdae als val uitmekaar Is daar dan nie net 1 dept wat uitgesonder kan word nie Nee kyk maar hoeveel krane word nie by werksplek toe gedraai nie Kyk ook hoeveel karwas plek is oral maar persoon wat betaal moetweer eens daaronder lei

Bernard ·

Het die bewering dat Rand Water drie maande laas betaal is iets met hierdie drama te make?

domheks ·

Hulle het vergeet om te noem dat die krane behoorlik toegedraai word. Kyk maar waar die meeste water vermors word.

Kokerboom ·

Onbevoegde instellings weens onbevoegde kader aanstellings! Verwyder die oorsake!!!

Chris ·

Dis nie net pta nie masr kom kyk hoe gaan dit op warmbad dis net so erg as nie erger nie ons het vir seker 2 ure water in die oggend en dan weer 2 ure in die aand want 9 uur in die aand word die water af gesny nou hoe moet jy dan lewe sonder water huis skoon maak wasgoed doen kos maak bad/stort ag nee magtig genoeg is mos nou genoeg wat van die bejaaese mense by die outehuis pf die aftree oord nes pta is warmbad ook besig onder tegaan

Nettie ·

Sjoe, hoe beplan mens jou lewe rondom beide beurtkrag EN slegs water 2x vir 2 ure per dag? Dis bykans onmoontlik! Sterkte julle. Ek wil net saam met al die mammas en pappas en oumensies huil wat so swaar moet kry net om te kan lewe.

Alta Alleman ·

Ons kry vir tot 4 dae n week geen water in ons dorpie nie

Vriendelike Frikkie ·

Wil nou weet of hulle ook weer die dam onder die eend gaan uitruk en die beperkings plaas op mense met boorgate en reënwater tenks? ‘n “Inspekteur” het my die vorige rondte vermaan dat ek nie my sypaadjie mag natlei met ‘n tuinslang nie, al is dit reënwater. Ek het hom gevra om ‘n vinger te kies en voortgegaan.

Harley Davidson ·

Dit het niks te doen met temperature of water tekorte nie dit is die beurtkrag wat veroorsaak dat daar water tekorte is.Die hoofrede kan toegeskryf word aan onbevoegdheid om ‘n land,stad of dorp te lei.

Vonny ·

Toemaar in Noordwes provinsie het bàie groot dorpe soos bv. Potchefstroom nie water. WEens die feit dat instandhouding nie deur die munisipaliteit gedoen word.
Dan is dit n politieke bal wat op en af geskop word….

Genis ·

Stem saam DA, Pretoria het nog nooit so slordig en lellik gelyk nie… Water lek vir ure en dae, en o wee, hulle ken net na-ure of naweke werk (oor tyd)… Na die reperasie lek dit weer…

Moereloosverby ·

Ek is seker nou weer die spreekwoordelike in die drinkwater (all pun intended)…maar ek begin al meer die idee kry die DA by monde van wieookal neem ‘n gelate ‘dis die verbruiker se fout’ standpunt in. Julle moet dit en julle moet dat. Nie, jammer ons sukkel ook maar om alles in stand te hou nes die ANC, en te baklei namens julle teen Eksdom en alle ander staatsbesitte onderdeur entiteite nie. Nee wat, julle het mos nou klaar vir ons gestem. Doen julle nou maar ook wat ons vir julle sê, goeie getroue slawe…Lui dit ‘n klokkie?

Nettie ·

So Eskom sal dat mense eerder doodgaan van die dors, as om hulle ‘n paar dae kwyt te skeld van beurtkrag? Hoe verstaan mens sulke dinge????

En Randwater, HOU OP om ons verbruikers te blameer!!! Dis nie ons SKULD nie. Ons kan help met die oplossings en is altyd bereid, meeste van ons, want ons weet hoe kosbaar water in hierdie land van ons is. Maar lê die blaam waar dit hoort. Die regering!

Hendrik ·

Dit is soos krag en nou water. As die water op is is dit op en jy kan nie jou toilet trek nie. Maak voorsiening daarvoor. Maak plan want kla help nie en so ook nie stem nie. Ons bly lekker met water, krag, riool en hou julle dop so oor die rand van Pretoria.

Jack ·

Die aanbeveling om nie ‘n tuinslang te gebruik of jou voertuig te was nie, is twak. Water besparing verg die regte gesindheid en hang nie af van watter toestel ek gebruik om die water by die punt van aanwending te kry nie. Ek kan baie minder water mors met die gebruik van ‘n tuinslang as ek my dit ten doel stel om spaarsamig te wees, as wat enkmet ‘n emmer kan mors as ek nie spaarsamig ingesteld is nie. Ek is net verbaas dat die ou storie van stort liewer dit gebruik minder water as bad, ook nie hierdie keer ingesleep is nie. Weereens hang dit af van hoe lank jy onder die stort staan teenoor hoe veel (of min) water jy in die bad tap.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.