Weerlig tref twee by sokkerveld

Argieffoto: Andy03, Pixabay

Twee jong mans is dood en tien ander mans en vroue beseer toe hulle Saterdag deur weerlig op ’n sokkerveld in Sheepmoor, Mpumalanga, getref is.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê twee mans, albei vermoedelik 18 jaar oud, het kort ná 18:00 by die nooddienste se aankoms op die toneel onder ’n boom gelê.

Tien ander mense het verspreid oor die sokkerveld gelê.

Meiring sê die mans onder die boom is dood verklaar.

Tien mans en vroue het ligte tot ernstige beserings opgedoen en is op die toneel behandel voordat hulle na die provinsiale hospitaal in Ermelo geneem is vir verdere mediese behandeling.

Die plaaslike owerhede was gister op die toneel om ondersoek in te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Shakespeare ·

Wys jou net hoe gevaarlik sokker is veral as jy nie die kennis het om nie onder ‘n boom te gaan skuil nie.

Excalibur ·

Weereens word die mensdom herinner hoe “BROOS” & “KWESBAAR” ons is en waarom ons Christus se leiding & beskerming saam met ons ouers se wysheid & teregwysing benodig!!

Di ·

Met swaar weer moet mense nie buite wees nie, veral nie op ‘n sokkerveld nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.