Weermag verdedig omstrede vlootoefening met Rusland  

(Foto: Guillem SARTORIO/AFP)

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het sy besluit om ʼn gesamentlike militêre oefening met China en Rusland te hou verdedig.

Dié operasie genaamd Mosi ll – die Tswana‑woord vir “rook” – vind tussen Durban en Richardsbaai plaas. Die tien dae lange oefening val egter saam met die eenjaarherdenking van Rusland se inval in Oekraïne, wat tot groot omstredenheid gelei het.

Die VSA en Europese Unie het die gesamentlike oefening gekritiseer. Suid-Afrika weier om Rusland se inval van Oekraïne te veroordeel.

“Daar is ʼn verskil tussen weermag en politiek,” het lt.genl. Siphiwe Sangweni, hoof van weermagoperasies, Dinsdag op ʼn mediakonferensie in Richardsbaai gesê.

Hy het gesê die weermag word “gelei deur die regering”, maar moet ook vaardighede by ander militêre magte aanleer om Suid-Afrika te beskerm en vir gebruik in internasionale vredesoperasies.

“Ja, daar sal ander lande wees wat anders voel in hoe ons dit benader het, maar… alle lande is soewereine nasies en het die reg om dinge te hanteer soos hulle goed dink,” het hy gesê.

Sangweni het gesê “samewerking en koördinering met alle ander weermagte” is “baie belangrik”.

Meer as 350 lede van Suid-Afrika se gewapende magte sal deelneem aan die oefening wat op 27 Februarie eindig.

Volgens ʼn gesamentlike verklaring sal daar geen missiele tydens die oefening vanaf die Russiese vaartuig afgevuur word nie.

Maroela Media het vroeër berig Suid-Afrika se deelname aan die oefening word deur kenners as ʼn “diplomatieke misstap” beskryf, en as een wat die land later duur te staan kan kom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Harley Davidson ·

Hoe belaglik,die kastige weermag kan en wil nie eers ‘n primêre taak verrig soos die landsgrense te bewaak behoorlik doen nie nou ofern hulle saam met komuniste en vergeet wie is die lande wat hulle voed.

Nie Verbaas ·

Ek sou nooit kon dink dat Rusland en China saam met narre sou oefen nie.

George ·

Dis niks nuuts nie. Ons het oefeninge met n klomp lande, insluitend Rusland, Engeland, Amerika, Aus, NZ, dis niks nuuts nie.

TruthDealer ·

Die res vd wêreld gee absoluut niks om vir SA nie. So hulle kan maar hulle monde hou. Ons is deel vd BRICS nasies. As Amerika, wat al soveel oorloë en menslike lyding veroorsaak het deur die dekades, insluitende 2 atoombomme op civilian targets, saam met Nato sou oefen, bly ons stil daaroor. They can find enough other global matters to express their pearl-clutching outrage about. Waar was die VSA en Europese Unie wanneer ons land begin ineenstort het, deur die ANC regering – wat HULLE grotendeels help bewerkstellig het? America, European Union, just shut up. YOU ALL helped the ushering in for this country, a government that chooses to do naval exercises with Russia and China. Bou n bruggie en kom daaroor.

Nici ·

Stem saam met jou. Meeste mense en westerse joernaliste het geen idee hoe evil die US of A is nie. Soos Trump se, war mongerers.

es ·

SANW wil deelneem aan die oefening, maar ons liewe SANW het nie eers die nodige toerusting nie, dis geld mors. As daar ooit n bedryging moet wees sal hulle in elk geval niks kan doen nie

Christina ·

En nou weet die hele wêreld hoe swak ons verdediging is, selfs Afrika lande sal oor ons kan loop.

Mnr De Beer ·

Ek stem 100% saam. Dit is die hele ironie van die saak.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die SANDF kan blykbaar lekker brood bak.

Nici ·

Dis reg en daarom het niemand nodig om tydens WW3 ‘n atoombom ons kant toe te stuur nie. Soos Oostenryk tydens die 2de wereldoorlog kan hul net kom en regering oorvat sonder om ‘n skoot te vuur. Die nuwe regering kan wragtag net ‘n verbetering wees op die huidige.

Roebs ·

Hoekom Het jy te doen met n land wat soveel mense se lewens vernietig het , wat gaan aan?

CJS ·

Die jaarlikse oefening was altyd tussen SA en La Réunion – Soektogte en Redding agv die massiewe kusgebied. Daar was ‘n spesifieke doel daaragter. Hierdie klink na ‘n spul snert. Van ‘n voormalige Majoor.

Boer ·

Die ANC-kamerade moet nou die Russiese kamerade help. Die Russe het die ANC in die grensoorlog gehelp met wapens en opleiding. Dit is nou Payback-time vir die ANC

Casper ·

Dit is payback time,waarmee,al waarmee ons kan betaal is grondstowwe, soos Mosambiek die Shinese betaal met oer oue woude vir paaie en brûe bou.

Amelia ·

Met die eskom geldjies dalk of die geldjies onder rusbank (haha)

Eugene ·

Suid-afrika het glad nie n’ weermag nie. Rusland moet ons help ingeval van nood, dis hoekom rusland in suid-afrika is. Die sogenaamde minister van verdediging kruip ………

Mallie ·

Alles wat hulle doen is n misstap. Wat is volgende? Due reserwe bank?

Ronel ·

Ons is deel van n sirkus – ons regering is die grootste “nar”. Net jammer niemand lag nie!!!!

skurweberg ·

Glo nie aan toeval nie. Hier is dinge wat onder ons neuse gebeur. “My twee en twee maak nie meer vier nie”

skurweberg ·

Ons moet maar die kolletjies van ‘n baie ingewikkelde tekening begin verbind. Die prentjie sal wel duideliker word.

Susanna ·

Word daar geleer by Rusland en China of is hulle hier om te spioeneer?

Susanna ·

SA se verdediging is pateties en kan maklik ingeval word deur Rusland en China

Nie Verbaas ·

Ek glo dat die Russe hulself vrek lag vir die “weermag” se “uitsonderlike” vaardighede.

Papsak ·

SA weermag mmmm lag vir julle die is n sirkus nie n weermag nie maar weerloos ja verseker

JohanR ·

Ek din kChina en Rusland het maar meeste terug gesit en gelag. Comrade are these people for real?

piet ·

Ons weermaglede doen sulke die oefeninge aan boord van die Russiese en Chinese vaartuie. Ek dink nie ons rubberbote gaan so lekker werk nie. So terloops – dankie tog die skrywer gebruik nog die woord China. Sjina het nog nooit vir my gewerk nie,

piet ·

Ons weermag kry nou opleiding hoe om die wapentuig wat so ‘n paar weke gelede deur die Russiese vragskip in Simonstad afgelaai is, te gebruik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.