Weermag vies oor gerugte ná valskermspringer hard land

(Skermgreep: eNCA)

Die weermag het teruggekap ná gerugte op sosiale media dat die valskermspringer wat by pres. Cyril Ramaphosa se inhuldiging tydens sy landing ʼn voorwerp op die veld getref het, in die intensiewe sorgeenheid van ʼn hospitaal is.

“Die weermag is bekommerd oor die onakkurate nuus wat tans op verskillende sosialemediaplatforms versprei word oor die valskermvoorval wat tydens die presidensiële inhuldiging gebeur het.

“Die bewerings op sosialemediaplatforms dat die lid in ʼn intensiewe sorgeenheid (van ʼn hospitaal) is, is onwaar. Die weermag wil die publiek weer eens waarsku om nie vals en onverantwoordelike inligting te versprei nie,” het die weermag in ʼn verklaring gesê.

Die valskermspringer was deel van ʼn vertoning van die weermag by Ramaphosa se inhuldiging op die Loftus Versfeld-stadion in Pretoria.

Videogrepe en foto’s van die valskermspringer se harde landing het kort ná die voorval soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei.

Die valskermspringer het nadat hy die voorwerp, klaarblyklik ʼn mortierlanseerder wat op die veld uitgestal is, getref het, opgestaan sonder enige ooglopende beserings.

Baie mense het die valskermspringer op sosiale media ook sterkte toegewens ná die voorval en gesê hulle hoop hy herstel gou, indien hy beseer is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

Charlie ·

Die parabats is tradisioneel baie bekwaam.
Daardie soort valskerms is hoogs bestuurbaar en dit was nie nodig om teen die mortier vas te val nie.

Kobus ·

Ja Charlie in ons tyd het hulle deeglike opleiding ontvang was ons trots gewees!!!

kolla ·

Jou gewone parabat voetsoldaatjie kry nie hierdie soort opleiding nie, nie nou nie en ook nie in die verlede nie. Dit kos baie spronge en baie ervaring van presiesie spring.

kolla ·

Die norm wereldwyd om jou vlerkies te kry as basic paratrooper voetsoldaatjie is omtrent 5 spronge. Die outjies tydens die grensoorlog het hierdie basiese opleiding gekry met steerless ronde valskerms wat net afval aarde toe, die springer het geen beheer en rigting oor die vlug nie. Jou basic paratrooper voetsoldaatjie kan nie hierdie presiesie spronge met spesiale valskerms doen nie sonder behoorlike gevorderde opleiding en baie ervaring nie.

Kom By! ·

Shame Kobus, jou tyd was seker in die 2de welreld oorlog…
Dit is baie moeilik om binne in n stadion in te spring, daar is baie keer warrelwinde en dit is baie maklik om so iets oor te kom!

Marnelle koen ·

Bly springer is okay, maar miskien moes hul harder geoefen het. Dit dra beslis nie n goeie boodskap uut dat n ervare springer so n landing by so n geleentheid het nie. Swak.

Ai ·

Ag mense dit spel nou maar net die bevoegdheid duidelik uit van die nuwe Suid Afrika… Duik in die hek is een manier om dit te stel…

Andreas ·

Die heel eerste berig wat ek gister oor die voorval gelees het, het al gemeld dat die valskermspringer heel OK is. Die indruk wat ek gekry het, was dat dit nie eens nodig was om hom hospitaal toe te vat nie.

Pieter ·

In ons dae sou die “valskermspringer” baie baie baie blaartjies gaan pluk het totdat hy sy valskerm kon hanteer en nie sy eenheid se naam gat maak op so ‘n geleentheid nie.

Maria ·

Netso. Jare gelede kon hul op ‘n muntstuk land. Dis hoe dit gedoen word. Hoe gaan hierdie soldaat homself verteenwoordig in ‘n oorlogsituasie?

HESTER ·

Jy verwys na daai tyd “blaartjies gaan pluk het” Goeie ou dae gewees, miskien moet hulle dit terug bring ?

Boet ·

Jy kan nie meer blaartjies laat pluk nie, jy sal aangekla word vir skending van menseregte.

Gert van Wierdapark ·

Sy ontplooiing ernstig opgevat = val-skerm-spring is nie vir sissies nie.

Andreas ·

As ek die weermag was, sou ek eerder vies wees omdat die man nie die ‘jop’ kon doen nie, vies omdat dit ten aanskou van al die hooggeplaasdes en wêreld TV was. Maar die ANC regering wou mos nou ‘groot’ gaan en kyk hoe groot hét hulle gegaan. Ek dink daar is nie ‘n land waar ons as gevolg van die valskermspringer nie dekking gekry het nie. Ek het idee daar wag groot 13de tjek op die ou.

Leentha ·

Al wat hy reggekry het was om n hele SA te laat lag oor sy onbevoegdheid en te laat wonder of hy geslaag het met 30%..volle opleiding ontbreek beslis!!

DG ·

Maak my bang as dit n Spesmagte springer is. Veronderstel om op n tiekie te kan land maar hy val amper Loftus mis…… Hoe vaar die ander dan wat net gewone bats is. Hoop maar hy doen beter met sy volgende spronge.

Sê ek ook ·

Ek stem Archie. Dis dieselfde manne wat Saterdae met rugbykouse, kort swartbroekies en “te klein” bevlekte Y shirts by laerskool rugby opdaag en op hul seuns skel, met die hoop dat almal dink hy was op n dag n Springbok…., ha ha.

Johanna Botha ·

Kan die huidige weermag SA beskerm of ons grense beveilig …..ummmm NEEE !

Heinrich van Zyl ·

Natuurlik het hulle nog nooit self gespring nie.
Hopeloos te bang vir skydiving.

JaNee ·

As ou valskermsoldaat – 1 Valskerm, 3 Valskerm / 44 Val Brigade sal ek my kop in skaamte. Oor en uit. So kom alles tot ‘n einde. Nie meer soos dit was. Die wat nie daar was of dit gedoen het, bly liewers stil.

Tanya ·

Ek het laank laas so leker gelag South Africa julle laat die ander lande laat lag. Hou so aan. Ons maak ons eie comedy flieks.

kolla ·

Ek dink nie julle het hierdie presiese manouvres met hierdie spesiale valskerms uitgevoer nie. Dit sit nie in enige troep se broek om dit uit te voer nie.

GROTMAN ·

MMM lyk my almal hier was in die Bats…. Wannabee’s As jul mooi kyk van n ander hoek sal jul sien n Spesmag springer was in die landings zone waar hy 44 Valskerm Reg lid wou land moes op n nippertjie draai om die SM lid nie te tref nie.. en spasie van land was bitter klein.. Bats kan punch vat. staan altyd weer op.. daar was 2 spesmag en drie 44 Valskerm Reg manne. Well doen manne .. Ex Alto Vincimus

kolla ·

Ek het al verskeie van hierdie springers sien hard aarde toe kom by verskeie geleenthede. Dis nie uniek nie.

Piet Pompies ·

Sjoe hier is darem baie ervare “Bats” hier – Enige Bat wat sy sout werd is sal vir jou se dat ‘n stadium sprong een van die moeilikste spronge is wat daar is, as gevolg van wind en lug druk
Ek het ook al ervare man sien enkels. arms ens. breek op oopveld spronge – nie so maklik as wat almal dink dit is nie!!!!

kolla ·

Dankie. Ouens wat hierdie presiesie spronge doen, is ervare springers wat gewoonlik skydiving as sport beoefen. Spesiale valskerms en tegnieke is nodig. Massa paratroopers spring met “non-steerable” valskerms wat redelik onakkuraat is (25 springers sal so in ‘n radius van 2km te lande kom).

kolla ·

Nog ‘n ding – In Amerika moet jy 5 spronge maak om jou vlerkies as paratrooper te kry. Glo nie dit sal hier veel verskil nie. Definitief nie die gewone paratrooper troepie wat hierdie spesiale spronge kan uitoefen nie.

piet piet ·

Die green berets het n 3 jaar kursus waar hulle meer as n honderd spronge doen met n mushroom voor hulle kwalifiseer,jy kan nie eers die vsa en hierdie piesang republiek in die selfde sin gebruik nie

WJ ·

Ek het heel week op Loftus gewerk, die Parabats hey heel week geoefen en hulle het dit perfek gedoen, Saterdag was daar 37000 mense wat geskreeu baie goed wat gelyktydig gebeur het. Hy het uitstekend gedoen.

Se maar net ·

Ek self is n valskermspringer. Daar was n landingspunt gewees waar meeste van die springers in die stadion ingespring het. Soos wat ek van een springer verstaan wou die soldaat glo reg voor die podium waar die president gestaan het sy landing gaan maak het. Ons noem dit afshow. Die soldaat voel sy naam is ook gekrenk nou omdat die skare gelag het oor hy die montier getref het. Ongelukkig het ek nie simpatie vir hom nie, hy weet en ken die reels en beleid hoe om in n stadion in te spring. Al die ander springers het reg ingekom vir hul landing, maar groot kop en afshow maak dat sulke onnodige foute kon vermy geword het.

bianca ·

Ek sou graag wou sien of enige een wat so kommentaar lewer hierbo, dit beter indien enigsins kon doen.

HESTER ·

Bianca, die mense wat hierbo praat, sal n beter landing gedoen want hulle was weermag toe , goed opglei gewees en gedissiplineerd. Die mense wat hierbo antword is mans met ondervinding en weet wat hule doen toe daar wet en order was.

Grotman ·

Bianca jys in die kol…soos ek se lyk my almal was Bats of SpesM wat kommentaar hier lewer en die wannabe’s sing die hardste hier .. almal was in die landings zone as die ou op die dak geland het kon ek verstaan het. Maar dis gewoonlik die beste touleier wat op die voorbok sit

Se maar net ·

Dankie Hester. Ons word goed opgelei, beste van als is dat hierdie soldaat n valskerminstrukteur is en dan maak hy sulke onbegane foute. Dis sy eie skuld dat sy naam gekrenk is ook. Hyt geweet wat is reg en verkeerd, en moes geland het waar die res geland het, daar was nie rookgranate gewees waar hul presies moes land nie, daar was wel n geel landingstrook wat die springers van bo af gesien het en meeste van hulle het min of meer naby die strook geland, maar mnr soldaat wou afshow en voor podium gaan land. Ja hyt nie seer gekry nie, daarvoor is ek dankbaar, maar hyt van beter geweet om so n stupid fout te gemaak het.

Ja-Nee ·

Nee, met die uitsondering van een of twee sal hulle nie kan nie. MAAR dis nie hulle WERK nie. Dis net so goed jy vra of enige een hier ‘n brein operasie beter as ‘n breinchirurg kan doen. Die man wou “afshow” en dit het skeef geloop, of dit was werklik omstandighede buite sy beheer. OF jy kan dit so sien – Hy was die enigeste een wat die mortierlanseerder kon raakspring.

anton ·

Ai grotman……kannie glo jy wil Amerika se soldate eers vergelyk met s.a se grappies nie!!!
As jy miskien van 30 jaar en langer gelede se soldate praat is dit n ander storie.
Ons weermag in alle opsigte is so swak dat Lesotho se weermag ons sal stoomroller!!!

Siener ·

Anton—Ek stem te volle saam. Die ou weermag garde het respek verdien en nie op ‘n skingbord gekry soos vandag se weermag manne nie. Opleiding word in een woord saamgevat “JOKE” Hierdie video klip met die volmaakte landing is bewys van die goeie opleiding tans in die weermag. Ek sider om te dink wat gebeur by operasionel oefeninge as daar baie weermaglede oefensprnge doen. Grotman en al die wannebee “Regte” weermag manne kan vir ons ‘n video plaas sodat ons weer kan giggel.

ChrisE ·

Ja, ek lees almal se kommentare. Ek het die storie mooi uitgewerk. As jy met valskerm spring en hy gaan nie oop nie, gaan jy nie weer probeer nie.

Hendrik ·

Uit my hangsweefondervinding : Sy vliegspoed was laag en hy het uit landingsplek gehardloop. As jou vliegspoed laag is reageer die vlerk maar stadig. Ek het ook al op ‘n lugskou in Bfn dit opgeneuk maar gelukkig het niemand dit gesien nie.

Saint ·

Thelsa,
Dit wil my mos ook voorkom asof dit die laaste meter was wat die probleem was. !!!!!!!

Robert ·

Ek voel jammer vir die man. Die landings area was onnodig klein gelaat deur die weermag personeel op parade.Swak beplanning ? Lugskou was goed beplan en die 7 Gripens was gelei deur swart offisier met ikoniese roepsein van “Midnight”.

Sug ·

Kla en moan is onse mense se voornaam, gun niemand sonskyn nie en dan sit meeste nog hoog heilig in die kerk Sondag maar kruisig ‘n mede burger wat net sy werk na die beste van sy vermoë gedoen het…sê my is julle elke dag 100% korrek en reg in julle werk en verantwoordelikhede? Is julle altyd 100% lus om werk toe te gaan? Doen julle elke dag 100% alles reg? Hou op so kla….en hou op leef in die verlede… As jy nie met die toekoms kan vrede maak nie, gaan soek ‘n toekoms in ‘n ander land…

Boshoed ·

Ek weet nie of een van julle al ooit in ‘n stadion ingespring het nie, maar ‘n baie klein verskil in windrigting, windsterkte ens. kan nogal ‘n redelike uitwerking he op die plek waar jy te lande moet kom. ‘n Dwarrel voor die stadion kon ook gebeur het. Daar is soveel veranderlikes wat jou uiteindelike landing bepaal, dat dit baie konsentrasie en ook ‘n bietjie geluk kos om op doelwit te land. Ek glo elke sprong is ‘n paar keer geoefen en ek glo dat elkeen presies geweet het wat hy moes doen, maar daar is tog soveel dinge wat veroorsaak dat jy die X mis. EK weet, self ou valskermspringer gewees. Het ‘n paar keer die doelwit gemis met ‘n paar en soms met heelwat meters. Bly hy het nie te seergekry nie, maar dit was nogal snaaks om te sien en ek weet wat deur sy kop moes gaan so ‘n paar meter voor die grond…..

Fanus ·

Ek was n parabat,Daai spronge word geoefen en geoefen,en kwalifikasie vir parabats is nie vyf spronge maar 13,insluitend nag,uitrusting en gewone spronge,die journey om parabat te word is bitter moeilik,vra enige parabat in SA,hy sal se dit was n swaer om daai vlerkies op te sit,maar ja die eenheid se standaarde het erg agteruit gegaan sedert diensplig saw/sadf tyd

kolla ·

‘n Gewone parabat troepie met sy basiese springopleiding van ‘n paar spronge is nie in die klas van hierdie ervare springers wat spesiale toerusting moet manipuleer om so akkuraat te spring nie. Dis die punt wat ek probeer maak, vergelyk appels met appels.

grotman ·

Fanus van 1961 tot nou moes n bat net 8 spronge doen om vlerkies te kry dalk gevoel soos 13 lol

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.