’n Lid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) is in hegtenis geneem nadat hy na bewering Donderdag ’n man by ’n winkelsentrum in Limpopo geskiet het. Dít ná ’n woordewisseling oor gesigmaskers.
Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het gesê lede van die SANW was aan diens by ’n winkelsentrum in die omgewing van Mogwadi (Dendron) om te verseker dat lede van die publiek aan die Covid-19-regulasies voldoen.
Die lede het ’n groep mense sonder gesigmaskers opgemerk en hulle oor die kwessie gekonfronteer. ’n Woordewisseling het na bewering ontstaan waarna die soldaat glo ’n man geskiet het.
Die man is ná die voorval na ’n hospitaal gehaas vir mediese behandeling.
Die soldaat (29) staan nou tereg op aanklag van poging tot moord. Hy sal na verwagting Vrydag vlugtig in die Morebeng-landdroshof in Limpopo verskyn.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
19 Kommentare
Hierdie is maar net weereens n bebys dat ons groot moielikheid het. Sou Isis in Mosambiek besluit hulle val ons binne is dit verby met ons geen dissipline
Ai tog , en daar dink ek die heel tyd die weermag moet ons as alleman beskerm , nou skiet hulle alleman dood oor n masker . Ek gee op .
Cluelesssssssssssssssssssssssssssssssss!!!!!!!!
Jy skiet nie links en regs nie! Seker GEEN opleiding gehad nie. Dit oor ‘n masker?
Hy gaan seker sê: I have a gun so I have the power…
Useless verby en beskerm ons beslis nie
En CYREL sê dans die Jerusalema terwyl daar niks is om oor te dans!