Wen: ʼn Naweek vir twee op Diemersfontein-wynlandgoed

Diemersfontein se gastehuis. (Foto: Verskaf)

Die Diemersfontein-wynlandgoed in die skadu van die Hawekwa-berge in die Kaapse Wynlande behoort al vir drie generasies aan die Sonnenberg-familie en dateer terug na die 1940s.

David Sonnenberg se oupa, Max, het die plaas van 183 hektaar aangekoop. Die plaas het ʼn panoramiese uitsig oor beide die Du Toitskloof- en Bainskloof- bergreekse.

Richard Sonnenberg het die eerste wingerde in die 1970s geplant en in 2000 het David ʼn kelder gebou en begin landgoedwyne vervaardig.

Van dié wyne sluit in shiraz, pinotage, cabernet sauvignon en merlot asook die minder bekende variante soos viognier, roobernet en mourvedre. Dié wyne word vandag onder leiding van wynmaker Francois Roode en sy span gemaak.

Diemersfontein spog ook met ʼn proekamer, restaurant en luukse kothuise, ʼn gastehuis en tuinkamers wat op die landgoed geleë is.

Die akkommodasie in die gastehuis sluit ontbyt vir twee volwassenes en ʼn wynproe-geleentheid in. Die gastehuis se kamers is ruim en gemaklik, met en suite badkamers en uitsigte oor die wingerde en tuine.

Die landgoed is perfek vir paartjies wat na ʼn stil wegbreek smag.

Die gastehuis op die Diemersfontein-landgoed bied die perfekte verblyf vir ‘n rustige wegbreek. (Foto: Diemersfontein)

WEN:

Een gelukkige leser kan ʼn naweek vir twee volwassenes in die gastehuis op Diemersfontein se wynlandgoed wen. Die prys is ter waarde van R3 700.

Nog ʼn gelukkige leser kan ʼn kis met ʼn samestelling van drie bottels Ovation Sauvignon Blanc 2022 en drie bottels Ovation Shiraz/Cabernet Sauvignon 2020 wen.

Vul die vorm in om in aanmerking te kom vir die prys:

Die kompetisie het gesluit.

Bepalings en Voorwaardes

  • Die kompetisie sluit op Donderdag 13 Julie om middernag.
  • Deelnemers moet ouer as 18 jaar wees.
  • Wenners sal deur middel van ʼn trekking aangewys word.
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen verdere korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Die trekking sal direk ná die sluitingsdatum plaasvind, waarna Maroela Media met die wenners in verbinding sal tree.
  • Sodra alle wenners gereageer het, sal hul name op Maroela Media bekendgemaak word.
  • Die pryse kan nie vir kontant omgeruil word nie.
  • Wenners is self vir reis- en verblyfreëlings verantwoordelik. Die kis wyn sal deur Diemersfontein direk aan die wenner gestuur word.
  • Die prys vir die naweek vir twee volwassenes in die gastehuis is geldig vir ses maande vanaf die datum wat die wenner aangekondig is.

Loer gerus hier na Diemersfontein se eksklusiewe reeks wyne en geskenkpakkie wat jy aanlyn kan koop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Lillian ·

Pragtige plaas en klink my, met ‘n ryk geskiedenis. Ek sal dit graag wil sien en beleef. Ek was nog nooit op ‘n wynplaas nie en om dié kompetisie te wen sal werklik ‘n bonus wees.

Louise ·

As ons in die Kaap is gaan ons altyd na wynplase en eet sommer daar of hou piekniek onder die bome as ons kan. So ons hier in Nam sal seker maar die kis wyn wil wen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.